Deursigtigheid is belangrik
deur Anoniem
2010-03-09 08:04
Dis heeltemal te laat vir pres. Zuma om nou skielik 'n lys te wil opstel van al sy belange.
Was hy nie versonderstel om dit te doen voor sy inhuldiging as president nie? Die Openbare Beskermer sal iets moet doen aan die saak, want hy skuld die Suid-Afrikaanse publiek 'n verduideliking.
En die keer kan hy ongelukkig nie net weer verskoning vra nie.
Wat my die meeste pla is die feit dat hy nou volgens berigte gereed staan om sy belange te verklaar "as sy regsadviseur sê dis nodig." Natuurlik is dit nodig!
In 'n land soos ons s'n, waar armoede nog 'n daaglikse realiteit is, moet politici juis die inisiatief neem om hulle belange te verklaar. Enige leier wat sy sout werd is en bewus is van ons land se agtergrond en verlede sal moeite doen om so deursigtig wees as moonltik. Maar nie Zuma nie.
As leier is Zuma veronderstel om 'n voorbeeld te wees van integriteit – soos enige ware leier behoort te wees. Ongelukkig het Zuma tot dusver nog glad nie gewys dat hy daarin belang stel om so 'n voorbeeld te wees nie.
Wanneer gaan die kiesers wat vir hom gestem het eendag deur hom sien? Iewers moet 'n mens se geduld tog 'n einde bereik.
Kan sy presidensie nog 'n skandaal oorleef? Ons sal maar sien...
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.