Boelies is ’n groot probleem, maar ’n kind wat boelie het dieper probleme waarna mens moet kyk.
So ’n kind moet gaan na ’n sielkundige sodat daai mens die kind leer hoe om sy aggressie en woede op ’n gesonde manier te hanteer.
Ek glo mens moet jou kind pakslae gee en hulle reg leer. Dit sal ook help as ’n mens hulle van kleintyd leer dat om ander te boelie nie reg is nie. Dis wat ek van jongs af doen met my seun.
Hy weet dit is baie lelik en mens doen dit nie, maar hy weet ook as iemand eerste aan hom gaan slaan gaan hy nie stil staan nie.
Ek het hom geleer dat respek teenoor ander mense belangrik is, maar dan moet die ander ook respekvol wees teenoor hom.
Skole kan meer doen. Miskien die ouers kry van daai kind en sê dat die kind moet gaan vir sielkundige behandeling en ’n brief van die sielkundige om te sê die kind begin beter raak voor hy weer kan terug skool toe.
Kinders is klein-grootmense, hulle doen wat hulle sien, wat hulle dink is reg. Ek dink steeds so ’n kind het probleme by die huis.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.