Ek weet nie presies hoe om te voel oor die skokkende nuus dat die Suid-Afrikaanse fietsrykampioen David George positief getoets het vir ’n verbode middel nie.
Aan die een kant is ek kwaad en teleurgesteld dat hy homself daaraan skuldig gemaak het, maar aan die ander kant is ek bly dat dit uitgekom het.
Soos 'n mens kan verwag, het talle fietsryers hul teleurstelling op sosiale media bekendgemaak. George is ook nou deur sy borg, Nedbank, soos 'n warm patat gedrop.
Ek verstaan hoekom Nedbank dit gedoen het. Nes ander groot maatskappye wil hulle nie met atlete wat opkikkers gebruik assosieer word nie.
Miskien is dit die oplossing.
Miskien moet groot maatskappye – nes daar met Krieket Suid-Afrika gedoen is – hulle heeltemal uit die sport onttrek en slegs terugkom wanneer die sport bewys het dat dit skoon is.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.