‘Baie geluk Bobby!’
deur Linda Greyling
2012-02-03 12:55
Mooi was nog nooit lelik nie.
Dit is weereens bewys met Bobby van Jaarsveld wat as die tydskrif Cosmopolitan se sexyste man in Suid-Afrika aangewys is.
Om sexy te wees gaan nie noodwendig oor die uiterlike nie, maar ook wat uit jou as persoon straal.
Nie almal se idee van sexy-wees is dieselfde nie, maar ook nie alles wat die oog prikkel is sexy nie. My definisie van sexy is doodeenvoudig iemand met sy voete plat op die aarde, iets om na te kyk (nie 'n spiertier wat lyk of hy jou wil doodruk nie, 'n sterk persoonlikheid, goeie waardes en sterk beginsels en daai X-faktor.
Baie geluk Bobby!
GESELS SAAM: Wat is jou definisie van sexy? Wie (volgens jou) is die sexyste man in SA? Stuur jou mening aan terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.