Christene in moderne tye het die voorreg dat baie van ons belangrike gebeure gevier kan word op ‘n vakansiedag. Dis egter ‘n voorreg, en nie ‘n reg nie.
Baie mense wil nou geluide maak omrede daar sprake is dat daar dalk van dié dae afgeskaf kan word om ook billik te wees teenoor ander godsdienstige groepe wat nie die luuksheid het om hulle belangrike dae as openbare vakansiedae te vier nie.
As die dag vir jou regtig belangrik is, behoort dit mos nie ‘n probleem te wees om jou persoonlike verlof daarvoor te gebruik nie, dit sal in elk geval wys hoe ernstig jy hieroor is, en of jy maar net ‘n bohaai maak oor iets wat jy nie self ernstig opneem nie.
‘n Goeie toets sal wees om te vra hoeveel Christene nog Hemelvaartdag op 16 Mei vier sedert dit afgeskaf is as ‘n publieke vakansiedag, en die moeite doen om verlof in te sit daarvoor?
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.