‘Almal verdien tweede kans’
deur Amanda de Beer
2012-02-17 12:45
Toe ek vanoggend die storie oor Joost van der Westhuizen en die struikelblokke in sy lewe lees was ek regtig geskok.
Ek weet partymense dink hy soek nou weer aandag of publisiteit, maar dié keer klink dit anders.
Ek dink nie hy het die wêreld se simpatie gesoek toe hy sy storie vertel het nie – hy wou die waarheid aan die publiek vertel.
Ek voel jammer vir sy kinders wat nou deur die toutrekkery verwar word. Wat Joost destyds gedoen het, was verkeerd, ja, maar almal is geregtig op 'n tweede kans.
Joost het tydens die onderhoud ook gesê hy het ‘n blou lêer vol bewyse van ‘n skok-onthullings wat hy as skietgoed in die hof sal gebruik.
Wanneer 'n mens teruggeruk word na die werklikheid besef jy wie en wat belangrik is in jou lewe.
Sterkte aan Joost.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.