Herman Toerien

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

'Afrikaner laat hom nie sommer onderkry'

deur Herman Toerien
2012-02-03 08:00

Onafhanklike kommentators is onlangs deur Gareth van Onselen voor stok gekry oor onder meer onnodige swartgalligheid.

Die feit is dat die blote oopmaak van ‘n koerant die daaglikse persepsie versterk dat die land – of sommige provinsies - besig is om vinnig na vlakke van algehele disfunksionaliteit te beweeg.

Die skoonste taal word bedreig, en ‘n miljoen ongebore babas is doodgemaak... Gesinsmoorde, perverte is aan die maai; alles is deel van die nuusvloei. Die land daal op die korrupsiepersepsie-indeks en die persvryheidsindeks. Sewe plaasmoorde vanjaar teenoor een in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Word ‘n onnodige donker wolk werklik geskilder?

Daar is ‘n geweldige versugting na goeie nuus. Dit het veral duidelik geword toe ‘n amper vergete euforie die land beetgepak het met die aanbied van die wêreldsokkertoernooi in Suid-Afrika. Weliswaar het Sep Blatter by wyse van spreke ‘n tydelike staatsgreep uitgevoer en die land met ‘n ysterhand regeer, maar dit was vir baie lekker – skoon strate, slaggate wat reggemaak word, min misdaad, ‘n opdroog van plaasmoorde...

Toe sielkundiges en sosioloë begin waarsku die euforie stuur op die swart newels van ‘n post-euforiese trauma en depressie af, is die waarskuwings as negatief afgemaak. Wat belangrik is, was die versugting van ‘n senior joernalis van die SAUK – die land verdien ‘n kansie om positief en gelukkig te wees.

Met die vertrek van die Springbokspan na die wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland is die span en die land opgesweep om die ander te opdonder. Harte het groen geklop en ‘n skeidsregter se kop word op ‘n skandpaal rondgedra na die span teen die gehate Aussies vasgeval het.

Met die ANC se eeufees is probeer munt slaan uit die versugting van goeie nuus. Die SAUK het lang stukke uitgesaai, en selfs van die gewoonlik bitterbek-media het hard probeer om die kollig op die euforiese te laat skyn. Vir ‘n deel van die land se mense het dit waarskynlik eufories ingewerk; ‘n ander deel het vererg van TV-kanaal na TV-kanaal gehop om iets anders as kykstof op te soek. Soveel voorgenome artikels waarin mense gepols is oor die sukses van die verrigtinge het in die stof gebyt omdat bloot te min mense gevind kon word wat dit gevolg het.

Is daar werklik so min om die vlammetjie van hoop te voed?

In die nasionale konteks: Kyk ons nie te maklik die vreugde op groot groepe mense wat in massa-kerkkore optree se gesigte mis nie? Blydskap en vreugde om die Here met liefde en talente te dien?

Het u al gehoor hoe klink dit as die bus met huishulpe soggens amper donkervroeg hul werknemers se woongebied binnery, en die passasiers het iewers langs die pad spontaan aan die sing gegaan? Hoe vrolik die geselsery op straat kan wees – hard terwyl die geselsgenoot van voor af aangestap kom, en al minder luid tot hulle bymekaar verbystap om weer al luider te word? Ook by hulle is daar misdaad soos ‘n huis kaalgestroop wanneer weer donker tuisgekom word, is daar hartseer as vigs nog ‘n ouma met haar wees kleinkinders agterlaat. 

Het u al met ‘n groep selfaangestelde karwagte probeer korswil terwyl u vir die bus wag? En hulle kamma seergemaak die tien gebooie aanmekaar begin timmer om te wys hulle het nie voeling met die hoër funksies van die lewe verloor nie? Hulle mag dalk soos die uwe ervaar dat hulle by so agtien gebooie uitkom, maar dit kan ‘n ma erg verleë laat oor ‘n stukkie onnadenkende onsinnigheid.   

Het swartgalligheid werklik die verwysingsraamwerk van die Afrikaner geword?

Nie as ‘n mens tot in die vroeë oggendure die lawaai uit die Wildeboer hoor, en kort-kort harde lagbuie hoor opklink, nee. Daar is dit wel Bacchus wat die toon aangee. Maar nie as ‘n mens die vrolike gelag hoor as bure ‘n vleisie oor die kole gooi en iemand ‘n storie uit die Noordweste, of ‘n skreeusnaakse grap vertel het nie.

Nie as ‘n mens die breë glimlagte beskou op ouboet se graadvangfoto’s nie.

Kan ‘n mens ‘n groter see van breë glimlagte kry as toeskouers wat van die stadion af terugkom en hul span het die ander span kafgedraf? Ondersteuners van die verloorspan moet self maar skeefbek glimlag vir die kwinkslae waarmee hul siele uitgeryg word.

Of die pa wat ‘n meter bo die grond uit die kraamsaal gestorm kom en vir almal in die algemeen uitbasuin: “Dis ‘n bulletjie, ons hét hom!”

Het die platjie wat ‘n boompie in die slaggat gaan plant nie in ‘n sin ‘n silwer randjie om ‘n donker wolk geverf nie?

Toe u laas die lied: “Afrikaners is plesierig” gesing het, het dit veraf en vreemd geklink?

Kerke is nog so vol dat die Afrikaner dit regkry om onder mekaar ook nog bakleiwerk te doen soos om ander se liedereskat as hopperig te beskryf.

Hoekom, na soveel jaar se affirmative action, is die Afrikaner nog steeds grootliks nié afgetrek nie? Want die deursnee Afrikaner laat hom nie sommer onderkry nie.

Vir baie is die Christelike geloof ‘n pilaar van sterkte. Maar die Christelike geloof vereis ook dat ons om ons kyk en sien – daar is hulle vir wie die donker rand nie net ‘n persepsie is nie, daar is hulle wat die affirmative action nie oorleef het nie, en ongelukkig dikwels juis hulle wat beginselvas teen korrupsie en wandaministrasie bly staan, en afgemaai is.

Baie het niemand anders as hul mede-Afrikaners om in die oë te kyk vir opstaankans met selfrespek nie. En as die Afrikaner ook daardie hekkie leer oorkom, word die silwer randjie sommer baie breër.

Fokus op die positiewe, maar hou ‘n wakende oog dat die donker wolk jou nie onverwags oorval nie.

Van Onselen het dit miskien nie so bedoel nie, maar sy kommer oor die swartgalligheid mag maar deur veel meer as die onafhanklike kommentators ter harte geneem word.
 

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Briewe-kommentaar

Hoppies sê... Politici beheer enige land (demokraties of komunisties). Ons leef gelukkig in 'n demokratiese land waar die politici demokraties verkies word en in die meerderheid se beste belange moet optree. So ja, indien hulle dit in die belange van ons kiesers vind om 'n Franchise in die Oos-Kaap oop te maak laat dit so wees.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition Tiptronic 3-dr
2005
R 175,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.