Herman Toerien

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Afrikaans bly ‘n magtige dreuning

deur Herman Toerien
2012-02-21 15:26

Met 11 amptelike tale en aandrang dat gebaretaal ook amptelike status moet kry, sou ‘n mens verwag dat iets soos internasionale moedertaaldag in Suid-Afrika ‘n grotigheid sou wees...

Maar dit is nie.

Vandag, 60 jaar gelede, is duisende studente in die destydse Pakistan, wat toe uit Oos- en Wes-Pakistan bestaan het dood oor hulle op Bengaals as amptelike taal aangedring, en betoog het. Bengaals is die grootste taalgroep in die destydse Oos-Pakistan wat vandag as Bangladesj bekend staan. Wes-Pakistan het Oos-Pakistan as ‘n tipe kolonie bedryf.

Hoewel Pakistan veel groter as Bangladesj is, is die bevolkings bykans ewe groot – tussen 150 en 200 miljoen elk.

Moedertaaldag is in 2000 deur Unesco ingestel.

Taal vorm dikwels die vernaamste kenmerk van groepe wat op ‘n manier as volke staatkundige regte uitoefen, dikwels in die internasionale reg as minderheidsregte uitgedruk.

Onder druk van die bepalings van die Europese Unie moes Spanje, om lid te kon wees, aansienlike selfregering aan die Baske en Kataloniërs toeken. Turkye se aansoek om EU-lidmaatskapstatus brand veral vas oor die miskenning van minderheidsregte, soos dié van die Koerde, maar kom ook steeds onder skoot oor hoe Christene in dié Moslemland behandel word.

Die vermoede dat die ANC met die onderhandelings op elf amptelike tale aangedring het, was dat dit ‘n slenter sou wees om uiteindelik by die beoogde eentaligheid uit te kom, omdat, so is geredeneer, 11 amptelike tale onvolhoubaar sou wees. So is die probleem dat ander partye soos die NP op die behoud van Afrikaans as amptelike taal aangedring het omseil, en is gewoon voortgegaan met die hantering van Engels asof dit die enigste, of dan, belangrikste amptelike taal sou wees.

Stukkie vir stukkie word Afrikaans geërodeer soos deur aanslae op Afrikaanstalige skole, en selfs die laaste bastion, Afrikaanse universiteite. Die loopgrawe is reeds om die US gegrawe, maar die taalstryders daar moet reeds na weerskante skiet om ook die vyfdekolonners op ‘n afstand te hou.

Die huidige formaat van die taalwetsontwerp – waartoe die regering deur die grondwet en ‘n afdwingende hofsaak gedwing is – het ook eerder in ‘n ondergrawing van Afrikaans as die bestendiging daarvan ontaard.

Die Afrikaanse woord leef sterk in die Afrikaans boek en lied, maar op ander terreine soos die akademie, staatswese en selfs uitvoerende kunste – waar ‘n eietydse fanagalo as Afrikaanse “vaktaal” voorgehou word, trek dit reeds noustrop.

Afrikaans het ook sterk na die internet deurgebreek, waar talle instansies en individue hul stryd om die bevordering van Afrikaans stry. Soms is die spêling en taalgebruik hôrriebaal, en duidelik buite die grense van tekens dat ‘n taal lewend is, maar  die gees is duidelik gewillig.

Of Afrikaans gekaaps word, of deur gewilliges gepleeg word – gelukkig is daar ‘n kern wat dit lewens en suiwer genoeg hou. Dit bly ‘n magtige dreuning wat die eietydse Milneriste se ore laat tuit.
 

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Briewe-kommentaar

Hoppies sê... Politici beheer enige land (demokraties of komunisties). Ons leef gelukkig in 'n demokratiese land waar die politici demokraties verkies word en in die meerderheid se beste belange moet optree. So ja, indien hulle dit in die belange van ons kiesers vind om 'n Franchise in die Oos-Kaap oop te maak laat dit so wees.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition Tiptronic 3-dr
2005
R 175,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.