Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Tussen vier lyne
 
Menings: 1
Artikels gelees: 190
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Braaivleis, rugby en sonskyn

06 February 2013, 15:17  - Tussen vier lyne

Dit is genadiglik weer rugbytyd en so het die “groot vier” reeds verlede naweek met opwarmingswedstryde afgeskop met suksesse vir die Bulls en Cheetahs teen onderskeidelik die Lions en Stormers.

Vandeesweek kry die Sharks ‘n kans teen die Luiperds terwyl die Bulls teen die Cheetahs in Polokwane (Pietersburg) uitdraf in hulle laaste opwarmingswedstryde.

Breiers is maar lugtig om ‘n mening oor hierdie tipe wedstryde uit te spreek en Frans Ludeke van die Bulls het dit na Saterdag se Orlando-wedstryd soos volg opgesom: "Dit was ‘n goeie voorseisoense kleedrepitisie en ek is tevrede dat hierdie jong groep begin implementeer wat ons inoefen. Dit gan vir ons om die diepte van ons spelers te ontwikkel en met die rugbyjaar wat strek tot aan die einde van November, is dit absoluut noodsaaklik om te verseker dat ons die spelers reg bestuur. Ons het verlede jaar ‘n duur les met Morne (Steyn) geleer en ons kyk vanjaar na ‘n hele ander benadering van die “squad” stelsel.”

Ludeke sal tevrede wees met van sy opkomende talent en sy jong senter Jan Serfontein en vleuel Sampie Mastriet en Handré Pollard is voorbeelde hiervan.

Die jong span wat Saterdag teen die Lions uitgedraf het sal egter moet kyk na die uitvoering van hul aanvals en verdedigings bewegings en balretensie.

Die Lions het weliswaar soos tiere aangeval en verdedig en die speltempo kort-kort gelig, maar ‘n Bulls-span wie aan die deur klop om senior spelers te lig, sal moet leer dat die agterste driehoek van aanval enverdediging een van die mees belangrikste in ‘n span se arsenaal is. Vra maar die ouer spelers en afrigters se mening; drie-drie werk soos ‘n bom op aanval en verdediging.

Die Lions het SARU weereens ‘n nool gedruk deur te bewys dat hulle weglaat uit die Superreeks ‘n fatale fout vir SA Rugby is. Kevin de Klerk en Johan Ackermann se jong talent gaan in die Curriebeker van 2013 al hul frustrasie en teleurstelling uitwoed, mark my words. Nog ‘n speler wie ‘n toffie anderkant die Jukskei-rivier gegooi het vir sy voormalige span, was Lionel Cronje. Die man se spel was Saterdag feitlik foutloos en dis jammer dat hy nie ‘n toekoms by die Blou Bulle gehad het nie.

In die skrums het die Lions bewys dat JC van Rensburg een van die mees onderskatte stutte in plaaslike rugby is. Derick Minnie en Jaco Kriel was net so besig en Anthony Volmink en Andries Coetzee kan in enige Super-span instap.

Saterdag sien ons waarskynlik die beginspan wat oor twee weke in alle erns teen die Stormers uitdraf. ‘n Mens kan net hoop dat die jonges wie tans hard in die ouer manne se nekke blaas, geleentheid gaan kry om te speel in die Blou trui. Frans Ludeke sal getoets word aan sy woord dat hy erken het dat 2012 ‘n gemors was met spelerskondisie, terwyl ander splinterboude gekry het.

Die Bulle kan nie weer bekostig dat die jong talent soos JC Stander onder die unie en die land se neuse weggeraap word deur sakke vol Euros.

Van nou af is dit Saterdae weer braaivleis, rugby, sonskyn en…

- Hierdie skrywe het verskyn op die blog Tussen vier lyne.

 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

0 menings 407 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Laat geregtigheid geskied

Geen onskuldige man moet boet vir ’n daad van ander nie, maar so ook moet geen moordenaar en verkragter los kom deur swak ondersoek nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

1 menings 143 keer gelees
Gelaai deur
Johan Jacobs
‘Bring die lat terug’

’n Pakslae in skool is soos die dood straf. Toe dit weg val toe is die kinders baas met hul eie regte, meen ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

16 menings 369 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

9 menings 945 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Stormers se selfgeskepte nagmerri...

Die feit dat Allister Coetzee te versigtig is om harde besluite te neem, kan sy ondergang beteken, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 509 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Natuurrampe ’n groot tragedie

Dié leser is bly dat natuurrampe nie so gereeld hier voorkom nie en hoop dat ’n groot natuurramp SA nooit sal tref nie.  Lees meer...

5 menings 214 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.