Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 1
Artikels gelees: 149
 
 
Jongste kentekens:
 
 

‘Bly ek is nie ’n sportman’

15 January 2013, 12:55  - Barend

Terwyl so baie mense, insluitend myself, in spanning wag vir daardie onderhoud, gons dit nou omtrent in die sportwêreld oor die nuutste Hansie-onthullings.

As kind was ek baie lief vir krieket. Meer om dit te kyk as te speel. Wel, met meeste sportsoorte was ek ’n veel knapper toeskouer as deelnemer. Ek het wel rugby tot ’n mate geniet, so lank as wat my lyf my toegelaat het om te speel. En toe breek die Hansie-skandaal. En krieket was net nooit weer heeltemal krieket nie. Maar dis asof die Hansie spook net nooit wou gaan lê nie.

En nou sit ons met hierdie nuutste onthullings. En help my tog as ek nou hierdie storie verkeerd verstaan, maar indien beide die here Williams en Gibbs se getuienis dan nou vals was, beteken dit dan dat Cronjé waarskynlik nooit direk by wedstrydknoeiery betrokke was nie? En dat hy bloot inligting verskaf het aan beroepswedders, presies net soos talle ander internasionale krieketspelers al gedoen het en weggekom het sonder lewenslange skorsings uit krieket? Ek wonder maar net. Hierdie hele saak is maar erg verwarrend.

Dit is tog so jammer dat al hierdie nare dinge in sport moet gebeur. Met fietsry is dit glo so erg, hulle kan nie eens die titels oordra na nommer 2 of 3 nie, want die hele lot was bedwelm.

Maar ons moet onthou dat hierdie dinge nie uniek is aan sport nie. Daar is so ’n groot klem op sukses in prestasie in ons samelewing, dat baie soorte mense groot kanse sal waag. Selfs akademici.

Ek het die nuutste Hansie-onthullings gelees en ’n ander heel interessante stuk. Dit het gehandel oor ’n gedragskode vir volwassenes. Jip. Vir die ouers van kinders. En nie waar nie, daar in die hartjie van die Rosestad, by Laer Meisieskool Oranje van alle plekke. Nou hoekom, dink u, benodig die Laer Meisieskool Oranje ’n gedragskode vir volwassenes tydens sportbyeenkomste?

Ek is seker dit waarlik nie handel oor ’n “spesifieke voorval” nie. Nee, dit is in reaksie op die algemene wanorde wat langs die sportvelde heers, waar ouers sukkel om hul emosies te beteul waar hul bloedjies op die sportveld móét presteer. Ja, hulle MOET.

Ja, self onthou ek iets van my dae as jong, kranige rugbyspeler. Van ooms wat jou invlieg halftyd. Die een oom sê jy moet só maak, die ander oom sê presies die teenoorgestelde...

Ek is vandag nog gek oor sport. Absoluut gek. Ek is een van die massas stil stemme wat deels aan sporthelde hul status gee deur sport op TV te kyk, in sportsake te deel met ander sportliefhebbers, en selfs af en toe stadions te besoek.

Maar ek moet erken, so lief soos ek sport het is ek bly ek is nie ’n sportman nie. Ek kan dit net geniet en dan is dit verby. Ek hoef nie te jok nie. Ek hoek nie goed in my in te spuit nie. Ek hoef nie in vyandskap met die bure te leef omdat my bloedjie nie die eerste span gehaal het nie. Ai...

- Hierdie skrywe is een van Barend se jongste blog-inskrywings.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

2 menings 41 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Kommentaar of commin-taar?

Kommentaar is die geleentheid om standpunt te deel en jou insig te toon, nie om ander aan te val nie... Lees meer...

2 menings 34 keer gelees
Gelaai deur
JanGreen
’n Ope brief aan alle ongelowiges

Lees hier ’n Nuus24-gebruiker se ope brief aan alle ongelowiges... Lees meer...

125 menings 1836 keer gelees
My pa, my hero

Vandat sy haar oë op haar pa kon lê was hy vir haar die mooiste, beste pappa in die hele wêreld en haar rolmodel in die lewe... Lees meer...

2 menings 392 keer gelees
Gelaai deur
Geen_Gelowige
‘Jesus sterf (permanent) in 2038’

Geloof in God is nie die enigste relevante maatstaf van godsdiens nie, skryf ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

246 menings 3246 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Verwronge beeld oor geloof en int...

As jy oopkop is oor wetenskap, ‘n belangstelling het in hoe dinge werk en hard studeer, sal jy ‘n hoër IK ontwikkel sonder dat jy jou geloof hoef prys te gee.  Lees meer...

134 menings 818 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Lagoon Beach Hotel - Milnerton

Spend 3 nights and pay for 2 nights per person sharing for R2 863 at the Lagoon Beach Hotel - Milnerton. The special includes accommodation, return flights, car rental and local travel insurance.


Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U

Moenie hierdie ongelooflike aanbod mis van tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U. Aanbod geldig vir solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Superslim, fantastiese kombuisware + ’n GRATIS kookboek!

Spandeer R200 of meer op Progressive-kombuisware en kry ’n GRATIS kopie van Masterchef South Africa se kookboek. Koop nou!

DVD’s van Top Gear – 2 vir R99

Kry 2 DVD’s van Top Gear vir R99 en versnel die toekoms in (of gaan terug in tyd) van die opwindende motorwêreld. Koop nou!

Tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com

Kry tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com. Buitelewe-produkte, gereedskap, bagasie, DVD’s en nog meer. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.