Jy met jou vleuel vlaktes
gebarste-lip riviere
klip rante, klub dassies
en berge in skakerings van droog tot blou...
Jy met jou vetmaak, heelmaak kruiebossies,
potgooie blêrende, vretende lipafleklekker
en traktemente van kambro, broes en
KhoiSan-kooigoed vir hul pastore...
Jy met jou naaldekoker grondpaaie
en jou geheime afdraaie
waar San en Khoi hul ‘ek was hier!’
teen rotsleie gelos het...
Soos als en almal voor jou
het jy ook in die oesmeester se visier beland.
Hy het besluit
om nie meer te draal’ie
om die skalie uit te haal’ie
Daar staan geskrywe:
Vir die mens is dit bestem
om een maal te leef en dan te sterf
Daar staan ongeskrewe:
Vir dier en plant is dit bestem
om een maal te leef en dan te vrek.
Maar jy, o skoonste onder skones.
Vir jou, Karoo, is dit bestem
Om een maal te leef en dan te frack
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.