Insake: Meer toelaes
Die aantal mense wat nou gaan staatmaak op maatskaplike toelaes, gaan toeneem!
Belastingbetalers sal weer moet opdok, maar pres. Jacob Zuma en kie gaan voort om geld te spandeer en bymekaar te maak asof die fonteintjie nooit sal opdroog nie.
Moontlik is hulle bewus van die feit dat hulle erens 'n halt moet roep met hul oneerlike bedrywighede, want dit is onwaarskynlik dat Jan Publiek vir ewig gaan staan en toekyk hoe sy hardverdiende geld in ander se sakke op oneerlike wyse beland en aan sy omstandighede word min of geensins enigiets gedoen om dit te verbeter nie!
Hopelik sal Zuma, Majola, Malema en kie nou begin briek aandraai, indien hulle die bekendstelling van maatskaplike toelaes van Pravin Gordhan gelees en ter harte geneem het! Hulle spandabelrigheid en gierigheid sal onmiddellik gestop moet word!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.