Oud-president Nelson Mandela is ’n wêreld ikoon. Hy word internasionaal geëer.
Almal is bekommerd oor Madiba se gesondheid, maar die presidensie hou die wêreld in die donker.
Ek verstaan hulle sê dat ons Madiba se privaatheid moet respekteer en ek dink almal aanvaar dit so, maar dan wil ek ook byvoeg dat die presedensie nie die publiek in die duister moet laat nie.
Die nuusbrokkies/ verklarings wat hulle van tyd tot tyd uitreik is regtig niksseggend. Die publiek maak dan hul eie afleidings en dan op die ou end is almal op hol.
Ek dink die presidensie moet die media en die publiek meer ingelig hou oor Madiba, want op die oomblik doen hulle alles agter geslote deure en niemand weet wat aangaan nie.
Vat nou bv. die verwarring van in watter hospitaal Madiba is, die een persoon bevestig ja hy is in 1 Militêre Hospitaal en dan kom die volgende persoon en sê nee, dit is nie so nie!
Ah nee a! Hou die mense op hoogte! Dis internasionale nuus en almal sit op die punt van hulle stoele om te hoor hoe dit met Madiba gaan!
Soos ek sê, ek verstaan die konsep van privaatheid, maar die presidensie moet ook verstaan dat die publiek WIL en MOET ingelig wees oor hoe dit met Madiba gaan!
GESELS SAAM: Stem jy saam met die leser? Moet die presedensie die media en publiek meer ingelig hou oor Madiba? Deel jou mening hier.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.