Die jaarlikse nasionale assesserings (JNA's) wat landwyd deur leerders afgelê word, sal 'n baie vinnige dood sterf, indien die volgende items nie verander word of na gekyk word nie...
1. Opstellers van die assesserings behoort die agtergrond en sosiale omgewings waarvandaan leerders kom, in ag te neem by die opstelling van die toetse.
2. Gee raamwerke waarbinne opvoeders/ leerders kan werk, anders beteken dit meer "raai-"/“spot"-werk van beide leerder en opvoeder.
3. Laat leerders wat gevaar loop om 'n graad te herhaal, 'n afsonderlike assessering/ toets aflê en assesseer sulke leerders apart van die "hoofstroom"-leerder.
4. Vermy die praktyk om opvoeders te blameer as die uitslae nie na wense/ swak is. Neem ook daarby in ag dat van die opvoeders ondderrig moet gee in vak(-ke) waarvoor hulle nie gestudeer het of 'n liefde het nie. Bo en behalwe; moenie rekening aan prinsipale gee vir goeie of verbeterde uitslae nie; hulle het nie die donkiewerk gedoen nie, die opvoeder(-s) wel!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.