Die apartheidstelsel word die skuld gegee vir al die gewelddadige moorde en verkragtings in Suid-Afrika.
Alhoewel geen ekspert in die grondwet nie, het die opmerkings van Jacob Zuma en andere, mens laat dink: probeer hulle nie maar net die fout êrens anders gaan soek en nie voor hulle eie deure nie?
Bykans 20 jaar na apartheid neem die tipe misdade nog steeds toe en is daar skynbaar geen afname daarin nie. Die dade word gepleeg deur meestal lede wat aan die einde van apartheid of die begin van demokrasie gebore was.
Het die grondwet nie aan hulle ongekende "vryheid" toegeken waarmee hulle nou eksperimenteer en probeer uitbuit nie? 'n Vryheid wat hulle nie kan/ kon hanteer nie?
Alhoewel die grondwet reëls en regulasies neerstip, veral in verband met menseregte, wat jy mag en nie mag doen nie, is daar geen vervattings van die gevolge ("consequences") op dade wat nie ooreenstem met wat ongrondwetlik is nie.
Lewenslange tronkstraf skrik die oortreders nie meer af nie; tewens, dit skyn asof baie dit verwelkom. Gedurende apartheid was daar reëls en regulasies wat "onmenslik" was, maar hoofsaak, daar was grense waarvolgens mense moes lewe en norme en standaarde wat gehandhaaf moes word. Elkeen het geweet waar hy staan, moes optree en handel.
Die grondwet het ook reëls en regulasies, maar soos in duisende gevalle het oortreders gekyk tot waar hulle die grense kan verskuif, sover as tot oor te gaan tot "onmenslikhede" en veral teenoor vroue en kinders.
Tydens apartheid was die gruweldade nie so openbaar of publiek gemaak nie; daardeur wil 'n mens nie sê dat dit veel minder of minder erger was nie; maar dit het blykbaar nie so gereeld (byna daagliks) voorblaaie gehaal nie.
Doodstraf is nie meer 'n opsie nie, net so is lewenslange tronkstraf ook nie 'n oplossing nie. Al moontlikheid wat nog oorweeg kan word, is maksimum-sekuriteits-tronke, waar harde hande-arbeid aan die orde van die dag is; kolonie(s) waar oortreders in sulke misdade moet probeer om in omstandighede te oorleef tussen ander geharde misdadigers, weg van die normale samelewing en waar hulle tyd spandeer moet word met die opbou/ herstel en instandhouding van geboue, paaie, ens. Geen hoop of vooruitsig om ooit weer agter tralies uit te kom nie.
Mnr. Zuma en sy geesgenote sal weer moet dink; is dit apartheid of die grondwet wat die oorsaak van verkragtings, moorde, rooftogte, ensovoorts is? Een verkragter, een moordenaar kry lewenslange tronkstraf, met "voordele"; dit lyk/ klink al veel beter agter tralies as in die "vrye" gemeenskap, waar hulle sou moes sweeg en sweet om kos, klere en huisvesting te bekom en ook "nêrens " sou kom nie.
Waarom dan skrik vir lewenslange tronkstraf: hy sal in elk geval vir 'n kort tydjie ongerief/ ongemak van soortgelykes moet verduur, voordat hy as een van hulle aanvaar sal word!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.