Ek glo almal wil graag meer geld verdien. Ek ook. Kom ek gee net 'n paar feite:
Indien jy in 'n huis bly van 40 vierkante meter sal die paaiement oor 20 jaar R2 064.00 per maand wees, op die eiendom van die werker op die plaas word belasting gehef, elektrisiteit, water, en rioolfooi wat deur die boer betaal word.
As jy in die dorp bly kan dit jou maklik 'n R1 200 per maand kos.
Daar is 12 publieke vakansiedae wat dubbel betaal word indien werk gelewer word, selfs as daar nie gewerk word nie, is die dag nogsteeds as gewone tarief betaalbaar (let wel: die openbare vakansiedae tel nie as deel van die jaarlikse verlof nie, dus ekstra).
Sondae is betaalbaar as 1.5 van die gewone lone tarief. Agttien dae vakansie verlof teen betaling van die dag tarief. Twaalf dae siekte verlof per jaar tot 24 oor twee jaar.
Drie dae menslikheidsverlof teen betaling, bv. kind se geboorte. Dis 'n totaal van 45 dae per werker. Anders gestel vir elke agt werkers word "vir iemand betaal wat nie bestaan nie.
Dus as jy 24 werkers het betaal jy eientlik vir 27 werkers. Dis nou in die geval van permanente werkers.
Dus is die konsep van R75 per dag nie waar nie. Kom ons wees eerlik met mekaar asseblief.
Sterkte met julle onderhandelinge!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.