Ons lewe tans in 'n era waar siele in pyn is en betreur grootliks.
Alles om ons is besig om te verander. Daar is niks waarmee mense kan op staatmaak nie, want alles verander.
Die weer, seisoene, boerdery, voedsel, pryse van goedere, werksgeleenthede, politiek, regerings, pensioene, eiendomme, plaase, bekende name, vriende ens., want alles word nou verander.
Oupas en oumas sit alleen met seer harte want al hul kinders en klein kinders is die wêreld in – want dinge het verander.
Tragies het die Kerk ook verander, en as sulks, het sy lig verloor. Christendom het in ’n eenvoudige wêreldsgodsdiens ontaard met geen krag nie. Selfs hulle het verander as gevolg van geestelike verdorwenheid.
Mense lewe tans in die duisternis en weet nie wat om te doen of waarheen om te gaan nie. Christendom het goue kalwers uit hul godsdiens gemaak en mense het daar kom aanbid, gevolglik het Christendom in ’n ketter godsdiens ontaard.
Maar die goeie nuus is dat God het nie verander nie, Hy is gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde. Alles om ons verander, maar Hy bly dieselfde.
En Sy kragtige evangelie van die water en die gees wat Hy oorspronklik aan ons as mens gegee het, het nooit verander nie.
Mense het probeer om dit te verander, maar het gefaal, want dit kon nooit verander word nie. Almal wie nou na hierdie ware evangelie terugkeer ontmoet die geregtigheid van God.
Hulle word van hul sonde genees, en word die regverdige kinders van God. Hulle word die kinders van die lig, en hulle skyn nou die lig van die ware evangelie op die mense wat in die duisternis wandel met geen hoop nie.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.