Beeld se hoofartikel van Vrydag 8 Februarie het betrekking
In die hoofartikel skryf Beeld dat die geld, wat politieke partye van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) kry, naastenby nie genoeg is vir ’n volhoubare demokrasie nie. Vervolgens skryf die koerant dat die ANC meer as R61 miljoen se belastinggeld in 2009 se verkiesingsjaar van die OVK gekry het. Die ANC het die bedrag met skenkings tot ’n bedrag tussen R200 miljoen en R400 miljoen verhoog.
Beeld skryf dit is belangriker om te kontroleer of daar nie teenprestasies, wat die gewers van die ANC verlang, is nie.
Maar is die bedrag – miskien R400 miljoen – nie teveel nie? Verseker vir ’n "arm land" soos Suid-Afrika. Die Beeld-redaksie is waarskynlik verblind deur die biljoene rande wat die Amerikaanse presidentskandidate verspil tydens hul verkiesingsveldtogte.
Kyk liewer na ander lande, want die VSA is ’n slegte land om mee te vergelyk. Is die bedrag wat die ANC spandeer steeds normaal?
Nee.
In België en Nederland – wat steeds ’n groter BNP as Suid-Afrika het – is die partybegrotings in verkiesingsjare nie so groot as die ANC s’n nie. Die Vlaamse koerant De Standaard skryf die groot Vlaamse partye het ‘n “oorlogskas” van ongeveer R100 miljoen. Dis vier keer kleiner as die ANC se begroting.
In Nederland is die partybegrotings nog minder: die Partij van de Arbeid, (voormalige?) ANC-bondgenoot, het in die verkiesingsjaar van 2010 ’n begroting van R100 miljoen gehad. Dit is die grootste begroting van al die Nederlandse partye. Maar 2010 het Nederland twee verkiesings gehad. Met die R100 miljoen het die PvdA homself aan die gang gehou en twee (!) verkiesingsveldtogte georganiseer: een munisipaal (in Maart) en een nasionaal (in Junie).
Suid-Afrika moet beter dink oor die ANC se oorlogskas – want ek glo nie, met die SAUK in die ANC se agtersak, dat die ANC R400 miljoen gespandeer het op 2009 se verkiesings. En as dit rerig so was, wens ek ’n mens in Suid-Afrika sterkte om te ontsnap aan die ANC se verkiesingspropagandaveldtog.
Hoe kan ’n party so baie geld op die verkiesing spandeer? Hoekom is dit moontlik in ’n land waar amper alles – van plakkate tot koerantadvertensies – goedkoper is as in Europa?
Koop hy letterlik die mense se stemme?
Die ANC kan met die bedrag van die OVK sy verkiesingsveldtogte organiseer. Hy moet net sy motors, hotelverblywe en luukse etes los.
Dit moet die lede maar self betaal: soos dit behoort in ’n demokrasie. Kortom: hy moet sy begroting beter gaan bestuur. Maar goeie bestuur, is dit nie juis die belangrikste probleem van die ANC?!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.