Die berig Politieke plaform sal SA destabiliseer – ANC verwys
Dis geensins snaaks dat dit sy opinie is nie.
Enigiets wat nie in die kring van die ANC gebeur nie is boos, destabiliserend, en amper "volksvreemd".
Dis net jammer dat daar soveel verskillende politieke partye is, wanneer almal eintlik saamstem dat die ANC uit die stoel gelig moet word.
Dis waar ons politiek so frustrerend is vir die kiesers. Ons sal so graag 'n gesamentlike opposisie wil sien want dan alleen, sal daar vordering gemaak kan word.
Te veel splinters maak nie 'n paal nie, en ons het 'n paal nodig om as 'n wig te gebruik in die politieke oorhand wat hier ter sprake is.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.