“100% Boer!”
Deesdae sien ’n mens hierdie nogal gereeld op mense se profiele, klere ens.
Maar ek wonder oor die oorsprong van hierdie '100% boere'. Waar kom hulle vandaan?
Was my geskiedenis-onderwyser verkeerd toe ek geleer is dat 'n mengelmoes van verskillende volke hulle hier aan Kaap de Goeie Hoop kom vestig het?
Dus kan ons seker aanvaar dat die meeste van hierdie sogenaamde ‘100% boere’ eintlik nasate van hierdie mengelmoes behoort te wees. Die meeste behoort dan mos eintlik ’n mengsel van Britse, Franse, Hollandse, ens. bloed te wees.
Wat probeer hierdie mense sê?
Wat probeer hulle wees?
Is dit bloot ’n aanmatigende stelling wat hierdie mense maak of word hulle doelbewus mislei? Is dit bloot nog ‘n politieke missie?
Wat presies IS n '100% Boer'?
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.