-
Ben Affleck se politieke riller, Argo, het Stephen Spielberg se Lincoln uitgestof om met die beeldjie vir beste rolprent by die 85ste Oscar-toekennings in Hollywood vereer te word. (Robyn Beck, AFP)
-
Ben Affleck, regisseur van die politieke riller Argo, ontvang die toekenning vir die Beste Rolprent tydens die 85ste jaarlikse Oscar-toekennings in Hollywood, Kalifornië.
-
Een van die hoogtepunte van die Oscar-toekennings was 'n verskyning deur die Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, vanuit die Withuis. (Robyn Beck, AFP)
-
Die Hollywood-legende Jack Nicholson het die toekenning vir beste rolprent (saam met Michelle Obama) aangekondig. (Kevin Winter, AFP)
-
Die akteur Daniel Day-Lewis en aktrise Meryl Streep deel ’n ligte oomblik. Day-Lewis het weggestap met die toekenning vir die Beste Akteur by die 85ste jaarlikse Oscar-toekennings in Hollywood, Kalifornië. (Robyn Beck, AFP)
-
Die toekenning vir Beste Akrise behoort aan Jennifer Lawrence vir haar rol in Silver Linings Playbook. (Robyn Beck, AFP)
-
(Joe Klamar, AFP)
-
Anne Hathaway het met die toekenning vir beste vroulike byspeler, vir haar rol in Les Miserables, weggestap. (Joe Klamar, AFP)
-
Beste manlike byspeler: Christoph Waltz, Django Unchained. (Joe Klamar, AFP)
-
Quentin Tarantino hou die beeldjie vir beste oorspronklike draaiboek vir die fliek se Django Unchained. (Joe Klamar, AFP)
-
Beste regisseur: Ang Lee vir Life of Pi. (Joe Klamar)
-
Van links is Daniel Day-Lewis (beste akteur), Jennifer Lawrence (beste aktrise), Anne Hathaway (beste vroulike byspeler) en Christoph Waltz (beste manlike byspeler). (Joe Klamar, AFP)
-
Malik Bendjelloul en Simon Chinn vier fees na Searching for Sugar Man as die beste dokumentêre rolprent aangewys is. (Joe Klamar, AFP)
-
John Kahrs poseer met die beeldjie vir beste kortfilm (animasie) vir die film Paperman. (Joe Klamar, AFP)
-
Brenda Chapman en Mark Andrews vier fees na
Die toekenning vir beste animasieprent behoort aan die fliek Brave. Die regisseurs Brenda Chapman en Mark Andrews in ’n gesellige luim. (Joe Klamar, AFP)
-
Karen Baker Landers en Per Hallberg vier hulle toekenning vir beste klankvermenging (“Skyfall”) ontvang het. (Joe Klamar, AFP)
-
Adele Adkins en Paul Epworth met die beeldjies vir beste oorspronklike lied (“Skyfall”). (Joe Klamar, AFP)
-
Die akteurspaar Michael Douglas en Catherine Zeta-Jones kom by die 85ste jaarlikse Oscar-toekennings aan. (Jason Merritt, AFP)
-
Die aktrise Jennifer Aniston skitter in rooi. (Frazer Harrison, AFP)
-
Die aktrise Salma Hayek Pinault en haar man, Francois-Henry Pinault, op die rooi tapyt. (Valerie Macon, AFP)
-
Die aktrise Zoe Saldana loer vir die kamera. (Joe Klamar, AFP)
-
Halle Berry het ook die geleentheid bygewoon. (Valerie Macon, AFP)
-
Die sangeres-aktrise Jennifer Hudson. (Valerie Macon, AFP)
-
Richard Gere, Renee Zellweger, Queen Latifah en Catherine Zeta-Jones het saam ’n toekenning oorhandig. (Robyn Beck, AFP)
-
Die sangeres Norah Jones vermaak gaste by die swierige geleentheid. (Robyn Beck, AFP)
-
Die Breaking Dawn-aktrise Kirsten Stewart was ook daar. (Frederic J. Brown, AFP)
-
Charlize Theron en Dustin Hoffman deel die verhoog. (Robyn Beck, AFP)
-
Michael Douglas en Jane Fonda het die toekenning vir beste regisseur aan Ang Lee oorhandig. (Robyn Beck, AFP)
-
Bono en sy dogter gereed vir die Oscars 2013. (Adrian Sanchez Gonzales, AFP)
Klik op klein foto bo om groter prentjie te sien.