-
Jennifer Hudson sing die treffer "I Will Always Love You" as 'n huldeblyk aan die sangeres Whitney Houston, wat hierdie naweek dood in haar hotelkamer gevind is. (Matt Sayles, AP)
-
Chris Brown se verskyning was een van vele skouspelagtige optredes by die 54ste jaarlikse Grammy-toekennings in Los Angeles. (Chris Pizzello, AP)
-
Dave Grohl en die Foo Fighters vermaak toeskouers. (Chris Pizzello, AP)
-
Die sanger Nicki Minaj se optrede het die oë laat rek. (Matt Sayles, AP)
-
Lil Wayne geniet die seremonie. (Matt Sayles, AP)
-
Die groep Lady Antebellum (Charles Kelley, Hillary Scott en Dave Haywood) kondig een van die wenners aan by die 54ste jaarlikse Grammy-toekennings. (Matt Sayles, AP)
-
Diana Ross het die gesogte Lifetime Achievement-toekenning ontvang vir haar bydrae tot die musiekbedryf. (Mark J. Terrill, AP)
-
Die sangeres Adele ontvang die toekenning vir Album van die Jaar, vir Rolling in the Deep. Adele het die geleentheid oorheers, en het al ses die toekennings waarvoor sy benoem is, ingepalm. (Matt Sayles, AP)
-
Lady Gaga staan in die gehoor. (Matt Sayles, AP)
-
Die oud-Beatles-lid Paul McCartney en Dave Grohl van die Foo Fighters tree saam op by die 54ste jaarlikse Grammy-toekennings in Los Angeles, Kalifornië. (Matt Sayles, AP)
Klik op klein foto bo om groter prentjie te sien.