-
Die komediant Steve Martin (links) en akteur Alec Baldwin in ligte luim terwyl hulle die 82ste Oscar-toekenningseremonie by die Kodak-teater in Hollywood aanbied. (Gabriel Bouys, AFP)
-
Mo'nique vier haar Oscar vir Beste Toneelspel deur ‘n Aktrise in ‘n Ondersteunende rol. (Mark Ralston, AFP)
-
Die wenner van die Oscar vir Beste Akteur in ‘n Hoofrol, Jeff Bridges, lewer ‘n toespraak ná hy die toekenning ontvang het. (Gabriel Bouys, AFP)
-
Sandra Bullock op die verhoog met haar Oscar vir Beste Aktrise in ‘n Hoofrol. (Gabriel Bouys, AFP)
-
Kathryn Bigelow, die regisseur James Cameron se eksvrou, het geskiedenis gemaak deur die eerste vrou te wees om Hollywood se topprys vir filmmakers te wen. Haar Irakse oorlogsdrama The Hurt Locker het die Oscar-toekenning vir die beste rolprent en rolprentteks gewen. (Gabriel Bouys, AFP)
-
(Van links na regs) Mark Boal, Kathryn Bigelow en Greg Shapiro in feestelike luim ná The Hurt Locker die toekenning vir Beste Film ontvang het by die 82ste Oscar-toekennings. (Mark Ralston, AFP)
-
(Van links na regs) Jeremy Renner, Brian Geraghty en Anthony Mackie vier The Hurt Locker se sukses. (Gabriel Bouys, AFP)
-
(Van links na regs) Jeff Bridges, Sandra Bullock, George Clooney, Helen Mirren, Colin Firth, Carey Mulligan, Morgan Freeman, Gabourey Sidibe, Jeremy Renner en Meryl Streep, almal benoemdes in die Beste Akteur- en Beste Aktrise-kategorieë, staan saam op die verhoog tydens die seremonie. (Gabriel Bouys, AFP)
-
Penelope Cruz kondig die wenner aan vir Beste Akteur in ‘n Ondersteunende Rol. Christoph Waltz het dié toekenning ingepalm vir sy toneelspel in Inglourious Basterds. (Gabriel Bouys, AFP)
-
Matthew Broderick soen sy vrou, Sarah Jessica Parker, tydens die seremonie. (Gabriel Bouys, AFP)
-
Anna Kendrick (regs) en Zac Efron van High School Musical-faam kondig die wenner aan in die kategorie vir Beste Klankredigering. (Gabriel Bouys, AFP)
-
Die komediant Steve Martin (links) en die akteur Alec Baldwin maak hul opwagting by die 82ste jaarlikse Oscar-toekennings. Dié twee het die seremonie saam aangebied. (Gabriel Bouys)
-
Sarah Jessica Parker verskyn op die rooi tapyt. (Robyn Beck, AFP)
-
Sarah Jessica Parker (links) en die ontwerper Tom Ford kondig die wenner aan in die kategorie Beste Kostuumontwerp. (Gabriel Bouys, AFP)
-
Ben Stiller, grimeer as ‘n karakter uit die trefferfilm Avatar, kondig die wenner in die Beste Grimering-kategorie aan. (Gabriel Bouys, AFP)
Klik op klein foto bo om groter prentjie te sien.