Die sanger Bobby van Jaarsveld het die strop om die nek – nadat hy sowat 50 partytjiegangers onkant betrap het deur die jawoord onverwags voor hulle almal te vra. Selfs nie eens Van Jaarsveld se skoolliefde en nuwe verloofde, Annatjie Rheeders (23), het Saterdagaand op haar verjaardagpartytjie geweet wat gaan aan toe die aantreklike jong sanger skielik voor haar op sy knie afsak nie. (Liza van Deventer, Foto24)
[Stem nou vir jou gunstelingfoto's.
Die grusame ongelukstoneel in Blackheath waar nege skoolkinders dood is nadat die taxi waarin hulle skool toe vervoer is, oor dié treinspoorkruising gery het en deur die trein getref is. Vier kinders is in die hospitaal. Geskokte ouers en familielede het by die toneel rondgestaan. (Edrea Cloete, Foto24)
[Stem nou vir jou gunstelingfoto's.
Kliek hier om

Derduisende stakende staatsdiensswerkers het Donderdag Bloemfontein se strate ingevaar en na die Lebohang-gebou gestap. (Charl Devenish, Foto24)
[Stem nou vir jou gunstelingfoto's.
Kliek hier om te stem vir hierdie foto.]
’n Eensame soldaat sit met sy geweer onder die arm en bewaak die Pelonomi-hospitaal in die Vrystaat se trauma-eenheid. Die weermag help om die hospitaal te beveilig en ook met mediese hulp. (Earl Coetzee, Foto24)
[Stem nou vir jou gunstelingfoto's.
Kliek hier om te stem vir hierdie foto.]
Die polisie gebruik ’n waterkanon om ’n groep van sowat 500 stakers naby die Kaapstadse Internasionale Lughawe uiteen te jaag. (Lulama Zenzile, Foto24)
[Stem nou vir jou gunstelingfoto's.
Kliek hier om te stem vir hierdie foto.]
Skokgranate en rubberkoeëls laat ’n groep stakende staatsdienswerkers by Hoffmanplein in Bloemfontein vinnig uitmekaarspat. (Charl Devenish)
[Stem nou vir jou gunstelingfoto's.
Kliek hier om te stem vir hierdie foto.]
Vuyziswa Tulelo, Oos-Kaapse sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga, verduidelik aan die media waarom hulle, ondanks ’n uitnodiging van die nasionale woordvoerder van die ANC-jeugliga, nie op die Oos-Kaapse kongres op Grahamstad toegelaat word nie. (Werner Hills, Foto24)
[Stem nou vir jou gunstelingfoto's.
Kliek hier om te stem vir hierdie foto.]
'n Harde knal, straks vier minute vroeg, het Sondag die einde van die Athlone torings aangekondig. Sewe-duisend ploftoestelle het die reuse laat val. (Charles Thompson, Nuus24)

Die trane het letterlik gevloei. Trane van blydskap en trane van teleurstelling. Een van die grootste interskole-derbys in die land, indien nie dié grootste nie, het verlede naweek in Bloemfontein plaasgevind toe Paul Roos-Gimnasium van Stellenbosch teen Grey-kollege kragte gemeet het. Emosie het geseëvier en nadat die eindfluitjie geblaas het, in ’n wedstryd wat Grey 41-29 gewen het, het enkele Grey-seuns se wange in die laatmiddagson geblink. (Charl Devenish, Foto24)
[Stem nou vir jou g
Beeldmateriaal wat uitgereik is deur Television Nacional de Chile wys ‘n mynwerker wat ondergronds vasgekeer is in ‘n myn in Chili. Drie-en-dertig mynwerkers is al meer as 20 dae vasgevang ná ‘n ongeluk 700 m onder die grond by ‘n myn in die noorde van Chili. (Television Nacional de Chile, AP)
[Stem nou vir jou gunstelingfoto's.
Kliek hier om te stem
Rolando Mendoza (55), 'n voormalige polisieman, het 'n bus vol Chinese toeriste van Hongkong met 'n M16-masjiengeweer in Manila aangehou. Talle van die bus se passassiers is deur hom doodgeskiet. ‘n Skerpskutter het Mendoza later doodgeskiet. (AP)
[Stem nou vir jou gunstelingfoto's.
Kliek hier om te stem vir hierdie foto.]
Kinders wag in ‘n ry om kos te ontvang in Sukkar, Pakistan. Miljoene mense in Pakistan word steeds geraak deur vloede wat chaos veroorsaak het in dié land. (Kevin Frayer, AP)
[Stem nou vir jou gunstelingfoto's.
Kliek hier om te stem vir hierdie foto.]
Die beseerde baljagter-flank Heinrich Brüssow sal vroeg volgende jaar reg wees om in die Super 15-reeks balle op die grond van teenstanders te steel en hoop om die Springbokke te help om weer die Wêreldbeker-toernooi te wen. (Charl Devenish, Foto24)
[Stem nou vir jou gunstelingfoto's.
Kliek hier om te stem vir hierdie foto.]
Sy wag al dae op ’n lewensbelangrike hartoperasie, maar weens die staking van staatsdiensamptenare kon sy nog nie geopereer word nie. “Ek is maar tam. Die dokter het gesê hopelik word ek nog in dié week geopereer,” sê Elizabeth Botha (47) van Kimberley. Volgens haar dogter, Anita, moes haar ma al Vrydag geopereer word. (Emile Hendricks, Foto24)
[Stem nou vir jou gunstelingfoto's.
Klik op klein foto bo om groter prentjie te sien.