-
Die standbeeld van Koning Elizabeth in Govan Mbekilaan in Pretoria het onder vandale deurgeloop tydens pres. Zuma se besoek aan Engeland. Dié foto is geneem kort voor die standbeeld met suur skoongeskrop is. (Deon Ferreira, Foto24)
-
Koning Elizabeth se standbeeld word skoongeskrop ná dit vroeër deur vandale bygedam is. (Deon Ferreira, Foto24)
-
Duisende mense in Kaapstad en omgewing het na die see en openbare swembaddens gestroom toe die temperatuur in dié stad vroeër die week met tot 38 grade Celsius gestyg het. (Yunus Mohamed, Foto24)
-
Die Heuwels Fantasties se Pierre Greeff vermaak toeskouers tydens die Opkikker-konsert by die US Woordfees in Stellenbosch. ( Jan Gerber, Foto24)
-
Pierre van Pletzen en Annelisa Weiland, beter bekend as Oubaas en Hilda van 7de Laan, het ook 'n draai by die Woordfees gemaak. (Jan Gerber, Foto24)
-
Drie lede van die Suid-Afrikaanse vloot is Saterdag kort voor ‘n vloot-opedag in Simonstad dood toe hul motor ‘n boom getref het op Boyes-weg naby Muizenberg in die Wes-Kaap. (Lulama Zenzile, Foto24)
-
Duisende mense het Saterdag in Simonstad vir ‘n vloot-opedag byeengekom. Vaartuie van die Suid-Afrikaanse vloot is vir die publiek oopgestel, en entoesiaste het lank tougestaan vir ‘n geleentheid om dit te besigtig. (Lulama Zenzile, Foto24)
-
Die voormalige Survivor-deelnemer en hip-hop-kunstenaar Jub Jub was in ‘n ongeluk in Soweto betrokke wat gelei het tot die dood van vier skoolkinders. Jub Jub het na bewering resies gejaag teen ‘n vriend toe beide bestuurders oor hul voertuie beheer verloor het. (Felix Dlangamandla, Foto24)
-
'n Forensiese ondersoekbeampte doen opmetings op die toneel waar drie fietsryers Maandagoggend 9 km buite Oudtshoorn doodgery is terwyl hulle geoefen het vir die Argus-fietsresies. (Foto24)
-
Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, spreek studente toe by die Universiteit van Johannesburg. ‘n Storm het hierdie week in die media losgebars oor ‘n bevrydingsliedjie wat Malema by die byeenkoms gesing het. (Felix Dlangamandla, Foto24)
-
Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, spreek studente toe by die Universiteit van Johannesburg. ‘n Storm het hierdie week in die media losgebars oor ‘n bevrydingsliedjie wat Malema by die byeenkoms gesing het. (Felix Dlangamandla, Foto24)
-
Leerlinge betoog buite die Protea-landdroshof tydens die eerste hofverskyning van die hip-hop-kunstenaar Molemo ‘Jub –Jub’ Maarohanye, na hy betrokke was in ‘n motorongeluk in Soweto wat gelei het tot die dood van vier skoolkinders. (Bongiwe Gumede, Foto24)
-
Leerlinge betoog buite die Protea-landdroshof tydens die eerste hofverskyning van die hip-hop-kunstenaar Molemo ‘Jub –Jub’ Maarohanye, na hy betrokke was in ‘n motorongeluk in Soweto wat gelei het tot die dood van vier skoolkinders. (Bongiwe Gumede, Foto24)
-
'n Voertuig lê op sy dak nadat die bestuurder in Buitengragtstraat in Kaapstad beheer daaroor verloor het. (Cheslyn Abrahams, Foto24)
-
Die oud-Springbok-rugbyspeler Ashwin Willemse het die week saam met Lance Armstrong fiets gery. Armstrong het al langs die Kaapse kus tot by die Arabella-hotel by Kleinmond gery. Die oefensessie was deel van die Discovery Lance for Life-toer saam met die JAG-stigting. Armstrong neem Sondag aan die Cape Argus Pick ’n Pay-toer deel. (Greg Beadle, Foto24)
-
Die Bokflank Heinrich Brüssow, wat Saterdag in die Cheetahs se sege teen die Hurricanes in Bloemfontein beseer is, is deur dr. Johan Kruger geopereer. Esmarié Cronjé, hospitaalwoordvoerder, sê deur middel van ’n laparoskoop is die voorste kruisligament van die knie herstel en die kraakbeen wat geskeur het, geheg. Die operasie het goed afgeloop en daar is ’n geringe moontlikheid dat Brüssow reeds later vanjaar weer sal kan rugby speel. (Charl Devenish, Foto24).
-
Sandra Bullock op die verhoog met haar Oscar vir Beste Aktrise in ‘n Hoofrol by die 82ste Oscar-toekenningseremoniel. (Gabriel Bouys, AFP)
-
Die wenner van die Oscar vir Beste Akteur in ‘n Hoofrol, Jeff Bridges, lewer ‘n toespraak ná hy die toekenning ontvang het. (Gabriel Bouys, AFP)
-
Kathryn Bigelow, die regisseur James Cameron se eksvrou, het geskiedenis gemaak deur die eerste vrou te wees om Hollywood se topprys vir filmmakers te wen. Haar Irakse oorlogsdrama The Hurt Locker het die Oscar-toekenning vir die beste rolprent en rolprentteks gewen. (Gabriel Bouys, AFP)
-
Ben Stiller, grimeer as ‘n karakter uit die trefferfilm Avatar, kondig die wenner in die Beste Grimering-kategorie aan. (Gabriel Bouys, AFP)
-
Die N1-suid in Pretoria was Donderdagoggend steeds vir motoriste gesluit ná 'n ongeluk op dié pad. Dit volg nadat ‘n vragmotor wat ysterpale vervoer het Woensdagmiddag omstreeks 17:00 in ‘n sementvragmotor en drie ander voertuie vasgery het, voordat dit in ‘n hyskraan ingeploeg het. Verkeer van die N4-wes word op die oomblik omlei na die middestad en word nie op die N1-suid toegelaat nie. (Jaco Marais, Foto24)
-
(Jaco Marais, Foto24)
Klik op klein foto bo om groter prentjie te sien.