-
Selebi verlaat die hooggeregshof in Johannesburg op 14 Julie. Sy vonnisoplegging is tot 2 Augustus uitgestel. Regter Meyer Joffe het 'n aansoek goedgekeur om 'n deel van Selebi se bates, ter waarde van R230 722.38, te konfiskeer sodra die appèlproses gefinaliseer is. (Werner Beukes, Sapa)
-
Jackie Selebi, voormalige polisiehoof van Suid-Afrika, verlaat die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg op 14 Julie, ná sy vonnisoplegging tot 2 Augustus uitgestel is. Selebi is op 2 Julie skuldig bevind op die aanklag dat hy meer as R200 000 van die veroordeelde dwelmbaas Glenn Agliotti ontvang het. (Werner Beukes, Sapa)
-
Jackie Selebi verlaat die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg op 2 Julie ná sy skuldigbevinding op aanklagte van korrupsie. Selebi is na sy skuldigbevinding vrygelaat met 'n waarskuwing, en moes weer op 14 Julie verskyn vir sy vonnisoplegging. (Sapa)
-
Jackie Selebi verlaat die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg op 2 Julie ná sy skuldigbevinding op aanklagte van korrupsie. Selebi is na sy skuldigbevinding vrygelaat met 'n waarskuwing, en moes weer op 14 Julie verskyn vir sy vonnisoplegging. (Sapa)
-
Regter Meyer Joffe gee sy beslissing in die verhoor van die voormalige Suid-Afrikaanse polisiehoof, Jackie Selebi, by die Suid-Gautengse hoggeregshof in Johannesburg op 2 Julie. (Werner Beukes, Sapa)
-
Anne Selebi, vrou van Jackie Selebi, by die Suid-Gautengse hoogeregshof in Johannesburg op 2 Julie. (Werner Beukes, Sapa)
-
Selebi in die hoggeregshof in Johannesburg op 1 Julie. (Werner Beukes, Sapa)
-
Nathi Mthethwa, minister van polisie, het verlede maand aangekondig dat die Selebi-saak die belastingbetaler R14.5 milj. gekos het. (Werner Beukes, Sapa)
-
Gerrie Nel, die staatsaanklaer, verlaat die Suid-Gautengse hooggeregshof op 7 Junie 2010 ná sy slotrede in die Jackie Selebi-korrupsiesaak, wat al sedert Oktober 2009 voortduur. (Werner Beukes, Sapa)
-
Selebi se eerste verskyning was by die Randburg-landdroshof op 1 Februarie 2008.(Sapa)
-
Die veroordeelde dewlmbaas Glenn Agliotti, 'n voormalige vriend van Selebi, het as staatsgetuie opgetree. (Sapa)
-
Selebi het in die Suid-Gautengse hooggeregshof op al die aanklagte onskuldig gepleit. (Werner Beukes, Sapa)
-
Die voormalige nasionale polisiehoof Lawrence Mrwebi was een van die getuies in Jackie Selebi se verhoor. Mrwebi het gesê dat Selebi se saak 'n poging deur die voormalige hoofde van die nasionale vervolgingsgesag, Vusi Pikoli en Bululani Ngckuka, was om hom te onttroon. (Werner Beukes, Sapa)
-
Vusi Pikoli, voormalige hoof van die nasionale vervolgingsgesag, het aangevoer dat hy uit sy pos verwyder is omdat hy nie ingegee het onder druk om Selebi nie te vervolg nie. (Werner Beukes, Sapa)
-
Die mynmagnaat Brett Kebble is op 27 September 2005 in Johannesburg in sy Mercedes doodgeskiet. Kebble het glo betalings aan Selebi gemaak deur Agliotti. (Melody Welsford, AFP)
Klik op klein foto bo om groter prentjie te sien.