-
Toeskouers kyk na 'n wedstryd tydens die Wêreldbeker vir Dakloses in Milaan, Italië, op Maandag, 7 September 2009. Ongeveer 500 dakloses van 48 nasies oor die wêreld het hul lande hier verteenwoordig. Baie van dié spelers vind ná hul deelname in die toernooi werk, oorwin verslawings aan alkohol en dwelms, en tree weer in verbinding met familie en vriende. (Guiseppe Cacace, AFP)
-
'n Suid-Afrikaanse speler kyk na die spel tydens die wedstryd tussen Suid-Afrika en Wallis op Maandag, 7 September 2009. Die Oekraïne het die toernooi gewen, maar die Suid-Afrikaanse span het 'n trofee van hul eie huis toe gebring: die Milaan-stadstrofee. (Guiseppe Cacace, AFP)
-
Die Franse doelwagter, tydens die wedstryd tussen Frankryk en Kirgistan op Maandag, 7 September 2009. (Guiseppe Cacace, AFP)
-
Suid-Afrika speel teen Wallis op Maandag, 7 September 2009. Suid-Afrika het Wallis met 6-4 geklop. (Guiseppe Cacace, AFP)
-
Toeskouers ondersteun hul spanne tydens 'n wedstryd op Maandag, 7 September 2009. (Guiseppe Cacace, AFP)
-
Die Franse span doen strekoefeninge voor 'n wedstryd. (Guiseppe Cacace, AFP)
-
Die Suid-Afrikaanse doelwagter roep iets uit tydens 'n wedstryd teen Wallis op Maandag, 7 September 2009. (Guiseppe Cacace, AFP)
-
Portugal speel teen die Oekraïne in die eindstryd van die Wêreldbeker vir Dakloses. Die Oekraïne het die wedstryd met 5-4 gewen. (Wêreldbeker vir Dakloses)
-
Die Oekraïne en Portugal speel teen mekaar. (Wêreldbeker vir Dakloses)
-
(Wêreldbeker vir Dakloses)
-
'n Ondersteuner, tydens die wedstryd tussen Italië en die Fillipyne. (Guiseppe Cacace, AFP)
-
Italië speel teen die Fillipyne in die Wêreldbeker vir Dakloses. (Guiseppe Cacace, AFP)
-
McLaren Mercedes se Lewis Hamilton, die Formule 1-wêreldkampioen, het ook 'n draai gemaak by die toernooi om die spelers te ontmoet. (Wêreldbeker vir Dakloses)
-
(Wêreldbeker vir Dakloses)
-
Lewis Hamilton poseer vir 'n foto saam met die voorsitter van die Wêreldbeker vir Dakloses, Mel Young (middel) en Marco Materazzi (links). (Wêreldbeker vir Dakloses)
-
Lewis Hamilton deel handtekeninge uit. (Wêreldbeker vir Dakloses)
-
(Wêreldbeker vir Dakloses)
-
(Wêreldbeker vir Dakloses)
-
(Wêreldbeker vir Dakloses)
-
(Wêreldbeker vir Dakloses)
-
(Wêreldbeker vir Dakloses)
-
Hamilton staan gereed om af te skop in 'n spesiale wedstryd in Milaan tydens die Wêreldbeker vir Dakloses, op Donderdag, 10 September 2009. (Guiseppe Cacace, AFP)
Klik op klein foto bo om groter prentjie te sien.