-
Die openingseremonie van die 19de Statebondspele het die naweek by Indië se Nehru stadion in Nieu-Delhi plaasgevind. (Lee Jin-man, AP)
-
Sowat 60 000 mense het die openingseremonie bygewoon. (Indranil Mukherjee, AFP)
-
Die Suid-Afrikaanse atlete, gelei deur Cameron van der Burgh, neem deel aan die openingseremonie. (William West, AFP)
-
(William West, AFP)
-
So lyk die Jawaharlal Nehru-stadion waar die openingseremonie gehou is. (Indranil Mukherjee, AFP)
-
Suid-Afrikaanse atlete poseer vir ’n foto tydens die openingseremonie. (William West, AFP)
-
Die Statebondspele vlag word deur Indiese soldate gehys. Prins Charles het die spele, waaraan 7 000 atelete van 71 nasies aan 17 sportsoorte gaan deelneem, geopen. (William West, AFP)
-
Indiese dansers besig met ’n opvoering. (Prakash Singh, AFP)
-
(William West, AFP)
-
(Prakash Singh, AFP)
-
Dansers, geklee in Indië se nasionale kleure, dans tydens die openingseremonie. (Victor Caivano, AP)
-
Reuse marionette word gebruik tydens ’n opvoering. (Lee Jin-man, AP)
-
Die premier van Indië Manmohan Singh (links) en Surehs Kalmadi, voorsitter van die Statebondspele se reëlingskomitee, kom by die stadion aan vir die openingseremonie. (Saurabh Das, AP)
-
Brittanje se Prins Charles en Camilla, die hertogin van Cornwall, het ook die openingseremonie bygewoon. (Saurabh Das, AP)
-
Die atlete van Indië word deur Abhinav Bindra gelei tydens die openingseremonie
Klik op klein foto bo om groter prentjie te sien.