-
Algerië se Abdelkader Chadi stap weg nadat hy teen Fatih Keles in die liggewig-afdeling van die bokskompetisie verloor het. (Patrick Semansky, AP)
-
Franse toeskouers moedig hul swemspan by die 4x100-aflos vir mans aan. Frankryk het die gunstelinge, Amerika, geskok om die goue medalje te wen. Suid-Afrika was vyfde. (Lee Jin-man, AP)
-
Die Franse swemmers (v.l.n.r) Amaury Leveaux, Fabien Gilot, Clement Lefert en Yannick Agnel met hul goue medaljes vir die 4x100-aflos. (Michael Sohn, AP)
-
Jingbiao Wu van China wys sy staal in die 56 kg-afdeling van die mans se gewigoptel-kompetisie. (Mike Groll, AP)
-
Laszlo Nagy van Hongarye vier sy doel tydens die handbal-wedstryd teen Denemarke. (Matthias Schrader,AP)
-
Brittanje se hokkiekaptein Kate Walsh stap van die veld nadat sy in die wedstryd teen Japan met 'n bal teen die ken getref is. (Eranga Jayawardena, AP)
-
Celine Goberville van Frankryk nadat sy die silwer medalje in die vroue se 10 m-lugpistool-afdeling gewen het. (Rebecca Blackwell, AP)
-
Die Amerikaanse 4x100-aflosspan met hul silwer medaljes. V.l.n.r Cullen Jones, Ryan Lochte, Nathan Adrian en Michael Phelps.(Mark J. Terrill,AP)
-
An Kum Ae van Noord-Korea spog met haar goue medalje in die 52 kg-afdeling van die judokompetisie vir vroue. (Paul Sancya, AP)
-
Anna Gallay van Argentinië reik na die bal tydens die strandvlugbal-wedstryd teen Amerika. (Petr David Josek,AP)
-
Die Spaanse gimnas Ana Maria Izurieta op die balk tydens die vroue se kwalifikasie-ronde. (Julie Jacobson,AP)
-
Argentinië se Pablo Prigioni en Mantas Kalnietis van Litaue duik vir die bal tydens die twee lande se basketbalwedstryd. (Charles Krupa, AP)
-
Carlos Sanchez Estacio van Ecuador pak Adam Nolan van Ierland (in blou) tydens 'n bokswedstryd in die weltergewig-afdeling. (AP Photo/Patrick Semansky)
-
Cameron van der Burgh spog met sy goue medalje wat hy in die 100-borsslag gewen het. (AP)
-
Argentinië se kaptein Luciana Aymar (bo links) vier haar doel teen die Suid-Afrikaanse hokkiespan. Die Argentyne het hul teenstanders met 7-1 afgeransel. (Eranga Jayawardena,AP)
-
Die Egiptiese gimnas Sherine Ahmed Elzeiny is in trane nadat sy 'n besering tydens die kwalifikasie-ronde opgedoen het. (Gregory Bull,AP)
-
Sherine Ahmed Elzeiny van Egipte word deur haar afrigter van die vloer gedra nadat sy 'n besering opgedoen het in die kwalifikasie-ronde. (AP)
-
Die Amerikaanse swemmer Michael Phelps staan verslae nadat hy en sy spanmaats in die 4x100-aflos deur Frankryk geklop is. (Daniel Ochoa De Olza, AP)
-
Nikolay Kovalev van Rusland staan op die podium nadat hy die brons medalje teen Rares Dumitrescu van Roemenië in die sabel-afdeling van die skermkuns-kompetisie gewen het. (Dmitry Lovetsky,AP)
-
Salma Mahmoud El Said Mohamed van Egipte tydens 'n vertoning op die mat in die vroue se kwalifikasie-ronde. (Gregory Bull)
-
Die Australiër Christian Sprenger (links) wens Cameron van der Burgh geluk met sy eerste plek in die 100-borsslag vir mans. (AP)
Klik op klein foto bo om groter prentjie te sien.