-
Roeiers moet reeds na die eerste 500 m van die wegspring die steil Ernie Pierce-keerwal aanpak – 'n lekker begin om die adrenalien aan die gang te kry. (Esti Brandt)
-
Twee roeiers maak dit suksesvol deur die Mission-stroomversnelling, een van die groot stroomversnellings van dag een van die 2010 Hansa Powerade Dusi-kanomarathon. (Reg Brandt, Nuus24-gebruiker)
-
Ongeveer 1 800 mense het aan die wedvaart, wat van Pietermaritzburg na Durban strek, deelgeneem. (Reg Brandt, Nuus24-gebruiker)
-
Talle deelnemers het die steil roete bergop in die Vallei van Duisend Heuwels op dag twee te voet aangepak. (Esti Brandt)
-
Roeiers maak dit suksesvol onderdeur die Foley Marianny-brug op dag twee van die marathon. Talle geesdriftiges jaag van punt na punt om roeiers te sien en te help waar nodig. (Reg Brandt, Nuus24-gebruiker)
-
'n Sterk stroom het twee roeiers se boot in die helfte gebreek, maar hulle het hulle nie laat onderkry nie – niks wat 'n paar takke en sterk kleefband nie kan regmaak nie! Hulle het die helfte van dag twee met hierdie "nuwe" kano voltooi. (Esti Brandt)
-
Deelnemers moet sowat 30 km oor die drie dae van die resies voltooi. Sommiges kies om die boot op hul skouers te dra, terwyl ander dit bloot agter hulle aansleep. (Reg Brandt, Nuus24-gebruiker)
-
Na drie dae se roei en hardloop is daar niks wat daardie goue medaljes van die moeë deelnemers, Hennie du Plooy en Rene Olivier, kan wegneem nie. (Reg Brandt, Nuus24-gebruiker)
-
Die rivier vloei sterk en as jy nie jou lyne reg lees nie, kan die boot maklik in die verkeerde rigting gedruk word en kan jy op die rotse beland. (Esti Brandt)
Klik op klein foto bo om groter prentjie te sien.