-
Peter Grant is hier op pad grond toe met die bal in sy besit in die Vodacom Stormers se wedstryd teen die Sharks in Durban. Die Sharks het met 20-14 gewen nadat hulle rustyd met 14-0 voor was. Foto: Steve Haag/ Gallo Images
-
Jaque Fourie word platgeloop deur Jean Deysel gedurende die Super14-wedstryd tussen die Sharks en Vodacom Stomers. Foto: Steve Haag/Gallo Images
-
Die Sharks se Craig Burden kyk hier vir `n gaping in die Stormers se verdediging tydens die spanne se Super14-wedstryd die naweek. Foto: Steve Haag / Gallo Images
-
Francois Louw rek oor vir die Stormers se tweede drie teen die Sharks die naweek. Die Sharks het met 20-14 gewen nadat hulle rustyd met 14-0 voor was. Foto: Steve Haag / Gallo Images
-
Deon van Rensburg van die Leeus word grond toe gestoei deur die Blues se Paul Williams en Rene Ranger tussen die Leeus en Blues se wedstryd die naweek. Die Lions is skandelik deur die sukkelende Blues met 56-14 opgedons. Foto: Duif du Toit / Gallo Images
-
Tonderai Chavhanga van die Leeus hardloop met die bal tydens hul Super14-wedstryd teen die Blues die naweek. Foto: Duif du Toit / Gallo Images
-
Cobus Grobbelaar van die Leeus gee die bal uit tydens die span se Super14-wedstryd teen die Blues. Foto: Duif du Toit / Gallo Images
-
Michael Killian van die Leeus word platgetrek deur Kurtis Haiu van die Blues tydens die spanne se Super14-kragmeting die naweek. Foto: Duif du Toit / Gallo Images
-
Dean Greyling hardloop met die bal tydens die finaal van die Vodacombeker tussen die Blou Bulle en die Vrystaat. Die Blou Bulle het met 31-29 geseëvier. Die Bulle se Francois Brummer het die Vrystaters se harte gebreek met `n skepskop in die laaste sekondes van die wedstryd. Foto: Lee Warren / Gallo Images
-
Chiliboy Ralepelle word deur Phillip Snyman vasgevat tydens die finaal van die Vodacombeker tussen die Blou Bulle en die Vrystaat. Die Blou Bulle het met 31-29 geseëvier. Die Bulle se Francois Brummer het die Vrystaters se harte gebreek met `n skepskop in die laaste sekondes van die wedstryd. Foto: Lee Warren / Gallo Images
-
Tersius Carse kon nie keer dat Gerrit-Jan van Velze sy drie druk tydens die finaal van die Vodacombeker tussen die Blou Bulle en die Vrystaat. Die Blou Bulle het met 31-29 geseëvier. Die Bulle se Francois Brummer het die Vrystaters se harte gebreek met `n skepskop in die laaste sekondes van die wedstryd. Foto: Lee Warren / Gallo Images
-
Dan Carter probeer een van Pierre Spies se stormlopies keer tydens die Bulls se wedstryd teen die Crusaders op Loftus Versfeld die naweek. Die Bulls het dié wedstryd 40-35 gewen. Foto: Lee Warren / Gallo Images
-
Die Bulls se Wynand Olivier word dubbeld vasgevat deur Owen Franks en Ti'i Paulo van die Crusaders in die spanne se Super14-wedstryd die naweek. Foto: Lee Warren / Gallo Images
-
Jared Payne kon maar net toekyk hoe Francois Hougaard oorduik vir `n welverdiende drie tydens die Bulls se wedstryd teen die Crusaders Vrydagaand. Foto: Lee Warren / Gallo Images
-
Nathan Sharpe, kaptein van die Western Force, word hier vasgevat deur `n Cheetah-speler tydens die Vodacom Cheetahs se wedstryd teen die Western Force in Bloemfontein die naweek. Die tuisspan het in nog ’n goeie vertoning, sy derde in ’n ry, die Australiërs met 29-14 getroef. Foto: Charlé Lombard / Gallo Images
-
Robert Ebersohn van die Cheetahs probeer hom hier uit die duikslag van `n Western Force-speler wurm tydens die spanne se Super14-wedstryd die naweek. Foto: Charlé Lombard / Gallo Images
-
Nathan Charles van die Western Force is op pad grond toe tydens die span se Super14-wedstryd teen die Vodacom Cheetahs die naweek. Foto: Charlé Lombard / Gallo Images
-
Bjorn Basson hardloop met die bal tydens die Cheetahs se Super14-wedstryd teen die Western Force die naweek in Bloemfontein. Foto: Charlé Lombard / Gallo Images
Klik op klein foto bo om groter prentjie te sien.