’n Willewragtig Wrangler
2011-08-30 10:47
Kaapstad – Die Wrangler is kort, fris en die vierwielekwivalent van ’n woelige haker. En hy skrik g’n vir veldry nie, berig Jaco Kirsten.
Hoe verskil die Wrangler van ander Jeeps?
Die Wrangler is die taaiste, ratsste en bekwaamste veldryer in die Jeep-stal. Jy kan sy geskiedenis terugspeur na die oorspronklike Willys Jeep van die Tweede Wêreldoorlog.
Is alle Wranglers nie maar dieselfde nie?
As jy mooi na die brosjures kyk, is daar nogal groot verskille. Die tweedeur-Wranglers word net Wranglers genoem. Die vierdeurmodelle staan egter bekend as die Wrangler Unlimited.
Die Wranglers het drie spesifikasievlakke. Eers kry jy die intreevlak Wrangler Sport, wat net te kry is met die 3,8 liter-V6-petrolenjin en 16 duim-wiele. Dan kry jy die Sahara-modelle, wat ook met ’n 2,8 liter-turbodiesel te kry is en almal 17 duim-wiele dra. En dan kry jy die Rubicon – die Groot Pappa-veldryer in die Wrangler-reeks.
– Vir meer inligting besoek Weg/Ry.
– Volg Nuus24 op Twitter.