Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

XJ dalk nagmerrie of 2 werd

2011-07-21 08:42
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die arme Engelse. Van hul superstatigheid is daar in die karwêreld niks oor nie. Wel, ten minste nie wat eienaarskap betref nie.

Die Duitsers het in dié geval die oorlog gewen.

Maar danksy die Duitsers en deesdae ook die Indiërs en Chinese leef die Britse aristokrasie en selfs die adelstand van die eertydse Britse motorbedryf voort.

Sou nooit raai dat daar probleme was nie, nè?

Vandag praat ons oor Jaguar se groot kanon, die nuwe XJ, en boonop in dieselgewaad. Hier is klaar ’n pyn vir die stoere aanhangers, want diesel is mos maar iets wat in die werkerklas se landbou-implemente hoort.

Die vorige generasie Jaguar, toe nog onder Ford se eienaarskap, het die pot grootliks misgesit.

Daar was nie iets wat met die groot Duitse limo’s kon meeding nie en kleiner Jaguars op Ford-platforms en vol Ford-dinge was nie die regte resep nie.

Deesdae behoort Jaguar en nog ’n lid van die Britse aristokrasie, Land Rover, aan Tata. Nou, Tata mag ’n groot en magtige wêreldsakereus wees, maar as dit by karre kom is Jaguar en Land Rover in ’n ander liga as Tata-rygoed.



So ver verwyderd as die Ooste van die Weste, in meer as een opsig.

Dié kennismaking is my eerste met die XJ en hy het hier opgedaag kort nadat die Audi A8-diesel die pad gevat het. Bloot op grond van voorkoms het die XJ die A8 nog valer laat lyk.

In dié klas gaan dit nie (net) oor vertoon nie. Dit is eerder dat daar geen twyfel oor jou status (en bankbalans) moet wees met die eerste oogopslag nie.

Die XJ se lang, afwaartse kurwe na agter en die omkrullighulse mag dalk op ’n foto nie so indrukwekkend lyk nie, maar in lewende lywe ís dit baie indrukwekkend.

Dit is anders as die A8, 7-reeks en die S-klas wat almal meer konvensionele stilering het. Tog is die XJ nie te uitspattig nie; subliem.

Die binnekant laat my met gemengde gevoelens. Aan leer, hout en eersteklas-afwerking is daar nie ’n tekort of probleme mee nie.

Dit is eerder die elektroniese instrumentasie wat nie heeltemal gevat genoeg vir dié soort ryding lyk nie.

Die sentrale raakskerm waarop verskeie funksies hanteer word, is ook nie so gebruiksvriendelik as wat ’n mens sou wou sien nie en die spoedmeter en toereteller lyk eenvoudig nie goed nie.

In dié verband meer as ’n tree agter die A8, om nie eens te praat van die digitale gehalteverskil tussen die XJ en die S-klas nie.
As na die meegaande tabel oor die vier waens se afmetings gekyk word, sal daar opgemerk word dat daar nie groot verskille is nie. Tog het die XJ meer beknop as die ander gevoel. Dalk moet ons volstaan met knus...

Ek het die stuur, hantering en balans in verskillende ryomstandighede teen verskillende snelhede baie bevredigend gevind.
Dit was egter of die XJ nie soveel van ’n slegte padoppervlak gehou het as byvoorbeeld ’n S-klas of selfs die nuwe A8 nie. Vreemd.

Geringe verskille, maar tog opmerklik.

Die toetsmodel was met Jaguar se 3 liter-V6 toegerus wat 202 kW uitskop en veral met die ratkas in sport-modus ’n puik pedaal- en ratkasreaksie gelewer het.

Jy kon jou verbeel daar is heelwat meer as 202 kW onder die enjinkap; nie dat nie genoeg is nie.

Versnelling was moeiteloos en die enjin bly wat my betref met ’n kortkop die beste in die klas.

Daar is by my geen twyfel dat die XJ ’n volwaardige mededinger vir die bekende en gevestigde Duitse trio is nie. In vele opsigte is die XJ ’n vars briesie, maar die Duitsers is so goed ingegrawe en die XJ speel eerder opvang as wat hy die pas aangee. Ek twyfel nie dat daar nog nie in Duitsland slapelose nagte is nie; dalk effe rusteloos.

Hou Jaguar op dié pad sal daar wel slapelose nagte vir die Duitsers wees en wie weet, dalk hier en daar ’n nagmerrie.
 

- Beeld

Lees meer oor: jaguar
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Paulshof - 18:58 PM
    Road name: Witkoppen Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Cambridge Road
  • Wednesday Broadacres - 17:38 PM
    Road name: Cedar Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at 3rd Street
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.