Nissan se weelde-handelsmerk nou in SA
2012-06-28 11:21
Kaapstad – Nissan se weelde-handelsmerk, Infiniti, wat modelle soos sedans, koepees en sportnutsvoertuie insluit, is pas in Suid-Afrika bekend gestel.
Mike Whitfield, besturende direkteur van Nissan Suid-Afrika, het gesê hulle is baie opgewonde om Infiniti in Suid-Afrika te hê.
"Ons is vol vertroue dat dit hier netso suksesvol sal wees soos in baie ander streke in die wêreld."
Die Suid-Afrikaanse bekendstelling volg kort op die hakke van dié in Indonesië, Panama en Maleisië. Singapoer, die Dominikaanse Republiek, Australië, Hongkong en Chile is volgende op die lys.
Pryse:
EX – 'n kleiner sportnutsvoertuig: Vanaf R595 000
G-koepee en -kabriolet: Vanaf R616 000
M-sedan: Vanaf R649 000
FX-sportnutsvoertuig: Vanaf R676 000
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter