Nissan GT-R ’n begeerlike supervuurwa

2012-02-09 11:59
Tweets Share Share line Print

Vir wat die GT-R bied, buiten sy vierwielaandrywing en kookwaterverrigting, het dit boonop plek vir twee passasiers agterin en ’n meer as bruikbare bagasieruim.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy mag dalk een van die ikone in die PlayStations van baie tieners wees, maar in die regte lewe is hy ook ’n ikoon... een van die grootstes.

Ons praat hier van Nissan se GT-R nadat die nuwe, opgeknapte model pas in Suid-Afrika bekend gestel is.

Al ooit gewonder waarom ’n sportwa uit Japan soveel aantrekkingskrag het?

Want hierdie sportwa maak nie net volbloed-sportmotors uit Duitsland en Italië skrik rondom ­renbane nie, maar ook vanweë die prys – want dit kan in sportmotorkringe as ’n winskopie beskryf word.

Die reeds asemrowende verrigting van die GT-R word nog ’n raps aangejaag en die enjin skop nou 397 kW. Nie sleg vir ’n 3.8 liter-V6 met turbo-aanjaging nie. Voorheen was dit net 390 kW. Wringkrag klim van 612 tot 628 Nm en die massiewe hoeveelheid trekkrag is reeds teen 3 200 r/min beskikbaar. Die petrolverbruik, al is dit bloot van akademiese belang in ’n superwa, daal ook ’n raps in die nuweling.

Versnelling bly min of meer dieselfde en om by 100 km/h uit te kom neem ongeveer 3.5 sekondes. Dit is amper so vinnig soos wat jy mes kan sê en sy asem gaan eers anderkant 300 km/h opraak.

Die veranderings aan die blitswa, wat met al vier sy wiele trek, sluit ook verstelling aan die veerstelsel in.

Die enjin se reaksietyd en sy trekkrag teen lae snelhede is verbeter danksy beter lugvloei met nuwe inlaatspruitstukke vir elke silinderbank, meer lug vir die tussenverkoeler, nuwe uitlaatstelsel en ’n meer kompakte katalitiese omsetter aan die onderkant van die voertuig wat ligter en meer doeltreffend is.

Van die ratkaskomponente is verander om ’n beter oorskakelgevoel te bied en die kas is boonop stiller.

Die bakwerk en onderstel is verstewig vir minder vibrasies deur ’n nuwe vervaardigingsproses wat baie meer gesofistikeerd is as voorheen.

Vanweë die feit dat die GT-R dikwels net deur sy bestuurder/eienaar gebruik word en sommige van die onderstel se gewig aan die regterkant geleë is, is die skokbreker en kronkelveer aan die linkerkant harder gestel om ewewigtigheid teweeg te bring as die GT-R in beweging is.

Aan die binnekant is van die instrumentasie se agtergrondbeligting nuut (blou) en is daar ’n truratkamera.

Die Bose-klankstelsel (uitgespreek Bouz en nie bose nie!) is aangepas.

Die twee modelle wat plaaslik te kry is se pryse is:

GT-R Premium Edition – ­R1 347 000.

GT-R Black Edition – R1 397 000.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 4.4i 4x4 AT
2008
R 595,995.00

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.