Jeep-modelle draf nou met nuwe enjins

2012-02-02 12:55
Tweets Share Share line Print

Goeie nuus vir Jeep-ondersteuners is dat die Amerikaanse groep sy gewilde Wrangler- en Grand Cherokee-reeks met twee nuwe enjins opgeknap het.

Die een enjin is slegs ’n aanpassing van die bestaande 2,8 liter turbodiesel wat nou met ’n suiniger verbruik spog, terwyl ’n heel nuwe 3,6 liter V6-petrolkragbron die ou V6 van 3,8 liter vervang.

Hoewel die nuwe V6 ’n raps kleiner in slagvolume is as sy voorganger, lewer hy heelwat meer krag en is hy ook suiniger met sy verbruik.

Waar die ou enjin byvoorbeeld 146 kW en 315 Nm agterwiele toe gepomp het, lewer die nuwe 3,6 liter oond ’n massiewe 209 kW en 347 Nm wringkrag.

Die 2,8 liter turbodiesel op sy beurt kan nou vinniger krag lewer danksy ’n hoër kilowatt-syfer van 147 kW, ’n verbetering van so 13% teenoor die ou weergawe se 130 kW. Wringkrag is egter onveranderd op 460 Nm.

Die nuwe petrol-oond het ’n aluminium struktuur teenoor die ou enjin se soliede staal wat hom ’n stewige 40 kg ligter op die skaal laat staan, sê Jeep.

Altwee die enjins kan of met ’n vyfgang outomatiese of ’n sesgang handratkas bestel word. Dis veral die outo’kas wat goeie nuus is, want in die verlede het ’n mens net ’n viergang-’kas gekry wat die verbruik nadelig beïnvloed het.

In die turbodiesel se geval sorg die ekstra vyfde rat nou vir korter ratte wat beteken jy is die heeltyd in die toereband waar al die krag is. Die viergang ratkas se ratte was net te lank om die dieselenjin se goeie turbo-krag bokant 2 000 r/min. ordentlik te kon gebruik.

Jeep se witjasse het ook baie moeite gedoen om die voertuie binnelangs stiller te maak. Dit het hulle vermag deur ekstra klankdempingsmateriaal by die wielboë en by die paneel tussen die enjin en binneruim in te sit. Daar is nou ook vir die eerste keer ’n enjindeksel bo-oor die enjin geplaas om enjingeraas uit te doof.

Benewens enjingeraas is padgedreun nou ook minder in die binneruim hoorbaar.

Om padgedrag beter te maak, is nuwe skokbrekers bygevoeg wat spesiale kleppe het wat die rit ’n raps fermer teen lae snelhede maak, en weer sagter teen hoër snelhede.

Standaarditems deesdae op die Jeep Wrangler is stabiliteitsbeheer, ’n heuwel-wegtrek-funksie en ’n stelsel wat die erge geswaai van ’n sleepwa agter jou voertuig teenwerk.

Daar is drie modelle in die Wrangler-reeks beskikbaar, naamlik Sport, Sahara en die hardebaard Rubicon. Laasgenoemde het ’n laer ratverhouding in sy laestrekratkas, groter wielartikulasie en grondvryhoogte, sterker skokbrekers en ’n sluitewenaar voor en agter.

* Die groot Grand Cherokee is op sy beurt ook ’n raps opeknap, met veral die enjins en veringstelsel wat weer ’n slag onder hande geneem is.

Die Grand Cherokee is nou met ’n verbeterde 3,0 liter turbodiesel te kry, ’n enjin wat Jeep danksy sy nuwe eienaarskap van Fiat voortaan ook onder sy eie enjinkap kan inpas.

Die turbodiesel spog met Fiat se puik Multijet-tegnologie waar brandstof onder hoë druk direk en in verskeie fases in die ontbrandingskamers ingespuit word. Dit sorg vir skoner, beter en effektiewer ontbranding.

Terselfdertyd is die lugvering opgeknap en kan die Grand Cherokee nou met ’n volle 104 mm hoër gelig word tot ’n maksimum grondvryhoogte van 270 mm.

In sekere modelle (met die opsionele Quadra-Drive-stelsel) kry jy benewens ’n 4x4-stelsel ook ’n elektroniese sluitewenaar op die agteras vir beter 4x4-vastrap.

Wat sy afwerking betref, het die Jeep-kêrels hom deeglik onder hande geneem. Voortaan kan jy die panoramiese sondak op jou wenslysie plaas, ’n glaspaneel wat van die voorruit af strek tot amper heel agter. Die paneel bestaan uit twee glasdele wat die een bo-oor die ander kan oopskuif.

Daarby is die hoofligte nou “intelligent” deurdat dit vanself op domp kan gaan as ’n voertuig van voor af naderkom. Ander speelgoed sluit in verhitte sitplekke agter, ’n verhitte stuurwiel en ’n trukamera.

Jeep het ook die deure wyer laat oopmaak vir makliker in- en uitklim, terwyl die bagasieruim nou ook ’n tas of twee ekstra kan inneem.

Hoewel die Wrangler lank reeds ’n gewilde ryding op ons paaie is, moet die nuwe Grand Cherokee nog ’n bietjie lewe kry op die handelsvloer. Die huidige model is nie net mooi nie, sy tegniese vaardighede en goeie modelreeks om uit te kies maak dat hy egter een van die onontdekte juwele in die 4x4-mark is.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: jeep

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 4.4i 4x4 AT
2008
R 595,995.00

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.