Honda Accord: Veiligheid kry voorkeur

2011-07-27 12:12
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – As voertuie in hul middeljare opgekikker word, is die vernuwings dikwels oninspirerend. Maar die “nuwe” Honda Accord met sy breedvoerige reeks veiligheidskenmerke is beslis ’n tweede kyk werd.

Verbeterings aan die reeds aantreklike Accord kan bespeur word in die voorbuffer en ligte, vering en adrenalieninspuiting wat die 2,2 L-turbodieselenjin gekry het. Laasgenoemde lewer nou 132 kW en 380 Nm, maar drink net 5,8 L/100 km.

Belangriker nog is die vlagskip-Exclusive-model se indrukwekkende veiligheidstoerusting. Sy radargebaseerde impakverminderingstelsel aktiveer die remme vanself as die radar in die motor ’n naderende potensiële ongeluk identifiseer.

Verder is daar aanpasbare snelheidsbeheer wat die afstand tussen jou en die motor voor jou konstant hou, sowel as baanwisselbeheer. Laasgenoemde verskaf tot 80 persent stuurkrag om die motor in sy baan te hou.

Wanneer dit met die slim snelheidsbeheer werk, kan die motor so te sê homself bestuur.

Executive-modelle beskik ook oor xenon-ligte wat om draaie skyn en vanself kan skakel tussen ’n gedompte en hoofligposisie.

Die Accord se stilering is stemmig eerder as sensasioneel, maar ’n mens kan dieselfde van sy mededingers sê.

Wat betref betroubaarheid, die bloedneus wat hy vir sy Duitse mededingers gee en rand-vir-luukses-waarde, verdien die Accord veel meer eer as wat Suid-Afrikaanse kopers hom gee. Wat ’n jammerte.

Honda Accord-reeks

2.0 Elegance R303 000
2.0 Elegance-outo R317 500
2.4 Executive R358 700
2.4 Executive-outo R371 200
2.4 Exclusive R386 700
2.4 Exclusive-outo R401 200
2.2 i-DTEC Executive R388 200
2.2 i-DTEC Executive-outo R401 200

Verrigting 0-100 km/h in 8,1-11,3 sek.; topsnelheid 207-227 km/h; 5,8-8,9 L/100 km (na gelang van die model)

Huisgenoot.

– Volg Nuus24 op Twitter.

  

Lees meer oor: honda

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 4.4i 4x4 AT
2008
R 595,995.00

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.