Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Fiesta ST net vir jóú blitsvinnig

2012-03-15 12:01
Tweets Share Share line Print

Die binneruim van die Fiesta ST sien ook heel sportief daaruit. (Foto verskaf)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou stories

Ford het ook uiteindelik die produksieweergawe van sy nuwe klein blitsbuksie, die Fiesta ST, gewys.

Met ’n turbo-aangejaagde 1600-enjin uit die EcoBoost-reeks sal die ST in minder as sewe sekondes by 100 km/h uitkom.Die enjin lewer 134 kW en 240 Nm.

Die ST is deur Ford se Team RS-span ontwikkel wat na die vinnige Fords en motorsport omsien. Dit is dan ook nie vreemd dat die nuwe ST sowat 5 000 km se toetswerk op die bekende Duitse Nürburgring Nordschleife-baan agter die blad het nie.

Die man aan die hoof van Ford se verrigtingsvoertuie, Jost Capito, sê die nuwe ST is by verre die vinnigste Fiesta ST nog en die een wat die beste lyk, hanteer en toegerus is.

’n Nuwigheid van die Fiesta ST is sy MyKey-sleutel waarmee jy kan sorg dat as iemand anders jou ST bestuur, die perdekragkrane ’n bietjie toegedraai is.

Die Focus ST sal vanjaar nog in Suid-Afrika aankom, maar die Fiesta ST sal waarskynlik eers volgende jaar sy opwagting hier maak.

* In Suid-Afrika is hy nog nuut, maar inderwaarheid is Ford se oulike Kuga wat hier te kry is, pas vervang deur ’n nuwe model wat in Switserland sy opwagting gemaak het.

Dit is nog nie seker wanneer die nuweling hierheen sal kom nie, maar aanduidings is dat dit nie nog vanjaar gaan wees nie.

Die nuwe Kuga het trekke van sy voorganger, maar gebruik Ford se nuwe ontwerptaal wat ook in die nuwe Focus te sien is.

Die mediumgrootte sportnutswa sal boonop toegerus wees met Ford se nuwe reeks EcoBoost-petrolenjins en ’n nuwe dieselenjin met twee kraguitsette.

’n Hele klompie nuwe geriefs­kenmerke sal hul weg na die Kuga baan.

Hieronder tel Ford se nuwe outomatiese bagasieklapdeur wat met ’n geringe skoppie van ’n skakelaar onder die buffer oop- of toe sal gaan. Handig as jou hande vol inkopiesakke is.

Daar sal stemaktivering vir ’n reeks funksies wees, geïntegreerde Bluetooth en kontakpunte vir musiekspelers, asook blindekolwaarskuwing en ’n parallelparkeerstelsel.

Die bagasieruim kan 82 liter meer vrag dra as die huidige ­model.

Die Kuga se vierwieldryfstelsel is opgeknap vir nog vinniger reaksie en daar sal ook ’n wringkragverspreistelsel (torque vectoring) wees soos in die Focus om vir beter vastrap uit draaie te sorg.

Die Kuga sal een van tien verskillende modelle wees wat op dieselfde platform as die nuwe Focus gehou word.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: ford
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Bedfordview - 13:36 PM
    Road name: N12 / R24 Westbound
    DELAYS on both routes towards Gilloolys Interchange due to a stationary LDV and a TRUCK before Van Buuren Road
  • Wednesday Bedfordview - 13:35 PM
    Road name: N3 Southbound
    STATIONARY LDV and a STATIIONARY TRUCK in the middle lane before the Van Buuren Road exit - delays through Gilloolys Interchange
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.