Bantam-bakkie maak plek vir Ford Ranger
2011-11-21 12:20
Kaapstad – Die laaste Ford Bantam-bakkie is verlede Donderdag by die motorvervaardiger se aanleg in Silverton, Pretoria gemaak.
“Suid-Afrikaners is in 1983 vir die eerste keer aan die Ford Bantam bekendgestel. Maar nou het die tyd vir ons aangebreek om totsiens te sê aan dié motor-ikoon,” het Jeff Nemeth, president van Ford Suid-Afrika, gesê.
Die Bantam maak nou plek vir die Ford Ranger, wat onlangs bekendgestel is.
Die Ranger sal vanuit Suid-Afrika na 148 lande uitgevoer word. Altesaam 110 000 Rangers sal jaarliks uitgevoer word.
Ford sal egter steeds aan Suid-Afrikaanse Bantam-eienaars ondersteuning bied.
– iol.
– Volg Nuus24 op Twitter.