BMW vuur iSalvo in aanslag van groen karre

2011-09-01 08:46
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Dis skynbaar nou BMW se beurt in die totale aanslag van groen motors wat tot dusver deur die Japanse vervaardigers oorheers is.

Die Toyota Prius en Honda Insight is al ’n bekende gesig, terwyl die Chev Volt in Amerika nog ’n alternatief bied.

Terwyl hierdie volbloed-hi- briedmotors die groen mark die afgelope dekade oorheers het, het die Duitse groepe eerder die brandstofspaar-model gevolg en hul bestaande motors so suinig moontlik met petrol en diesel probeer maak.

So het elkeen dan ook sy eie oorhoofse benaming vir die rits tegnologieë wat daarvoor ingespan is.

Mercedes noem syne BlueTec; Volkswagen gebruik BlueMotion; en BMW EfficientDynamics.

Nie een van hierdie vervaardigers gebruik ’n elektriese enjin om die suinige verbruik en lae CO 2-vlakke te behaal nie.

Vroeg vanjaar het BMW se grootbase die kopknik gegee vir die begin van ’n nuwe afdeling in die groep wat voortaan net op die ontwikkeling van elektriese motors gaan fokus.

Die eerste produk, die klein i3, is nou in voorproduksie-gedaante gereed en behoort reeds in 2013 in Europa beskikbaar te wees nadat hy later vandeesmaand ook op die Frankfurtse motorskou te sien sal wees.

Die nuwe i3 is ’n klein stadsbuks met ’n baie moderne ontwerp.

Voorlopig word daar in die i3 net ligte (maar peperduur) koolstofvesel pleks van staal in die bakpanele ingespan om gewig te help bespaar. Sy afmetings is selfs kleiner as dié van die 1-reeks; hy’s net 3,84 m lank, 2,0 m wyd en 1,53 m hoog.

Die kombinasie van die klein bakwerk en ligte panele beteken die hele voertuig weeg maar 1 250 kg, sê BMW.

Die aandrywing geskied slegs deur ’n batterygedrewe elektriese motortjie wat desondanks goeie krag (125 kW en 250 Nm) na die voorwiele stuur. Saam met die elektriese kragbron is daar ’n 600 cc-petrolenjin in die neus geplaas, maar sy enigste funksie is om soos ’n kragopwekker ekstra krag aan die battery te verskaf en te sorg dat hy langer gelaai bly.

Wat verrigting betref, kan jy in ’n skaflike 7,9 sekondes van staande tot 100 km/h versnel, maar sy topspoed word tot 150 km/h beperk om die battery se leeftyd te verleng.

BMW sê voorts die i3 het ’n reikafstand van so 160 km, maar as die petrolenjin sy werk goed doen, kan jy selfs 225 km op snelweë haal. En ry jy rêrig ligvoets behoort ’n reikafstand van tot 300 km haalbaar te wees.

Die battery word by ’n gewone 220 V-kragsok by die huis gelaai, maar ’n laaifase duur maklik ses uur. ’n Spesiale opsie is ook beskikbaar waarmee mens die battery binne een uur tot 80% kan laat herlaai.

Die i3 is nie die enigste elektriese speelding waarmee BMW besig is nie. ’n Nuwe i8 word ook beplan wat glo ’n GT-tipe weelderyding vir twee sal wees. ’n Mens dink onwillekeurig terug aan die ou M1 van die laat-1970’s, ’n handelsnaam wat BMW moeite gedoen het om nie met sy nuwe 1-reeks M te kompromitteer nie.

Die i8 is ’n tweedeur-verrigtingsmotor, maar anders as die i3 sal hy wel ’n volbloed hibried-ryding wees. ’n Elektriese enjin sal (net soos in die Prius) in tandem met ’n 1,5 liter-petrolenjin met drie silinders kan werk of die voertuig sal net met die batterykrag kan ry.

Die twee kragbronne lewer saam 160 kW en 545 Nm se wringkrag. BMW maak aanspraak op ’n versnelsyfer van 4,9 sekondes van 0-100 km/h, terwyl jy ’n verbruik- syfer van enigiets tussen 3,0 liter per 100 km en 7,0 liter per 100 km kan verwag. Afhangende natuurlik van hoe ywerig jy ry.

Die binnebrandenjin sal agter die insittendes se rug – en voor die agteras – geplaas word, terwyl die litium-ioon-battery voor in die neus sal wees. Als vir beter gewigverspreiding, sê BMW.

Die elektriese enjin is die basiese aandryfstelsel en pomp sy krag na die voorwiele.

Het jy ’n hupstoot nodig sal die petrolenjin aan die gang kom en slegs die agterwiele help aandryf. Die motor bied in daardie geval vierwielaandrywing.

Geen pryse is nog bekend gemaak vir dié gevorderde twee Beemers nie; ’n faktor wat die verkoopsukses van dié soort voertuie kan bepaal.  

- Beeld

Lees meer oor: bmw

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 4.4i 4x4 AT
2008
R 595,995.00

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.