Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

XJ slaan sy kloue in die weeldemark in

2010-04-08 09:43
Tweets Share Share line Print

Egmont Sippel, Die Burger

Jaguar se nuwe vlagskip, die XJ, is pas in Parys aan die wêreldpers bekend gestel. Die vertrekpunt was ’n weelderige hotel op die drumpel van Lodewyk XIV, oftewel die Sonkoning, se indrukwekkende Versailles-paleis.

En hoekom nie? ’n Paleis van ’n motor, soos Rolls-Royce se Phantom, is die nuwe XJ nie. Maar dit is ’n indrukwekkende stukkie motorkunde wat weliswaar, op talle maniere, die weeldesegment herdefinieer.

Stilering staan op die voorpunt van Jaguar se aanslag op die Mercedes-Benz S-klas, BMW 7-reeks, Audi A8 en Lexus LS460. Want kyk, Ian Callum het nogal ’n groot waagstuk met voorkoms aangegaan.

Dis ’n mooi motor, die XJ, daaraan moet jy nie twyfel nie. Maar hy is ook hoogs omstrede, veral van agter af.

Die eerste punt is daardie ligte. Instede van Jaguar se tradisionele driehoekvormige agterligte het Callum die nuweling s’n só ver na bo gerek dat hulle eintlik oor die motor se agterstewe vou en tot bo-op die wielvleuel loop.

As sodanig laat dit ’n mens aan ’n Italiaanse ontwerp – soos Lancia s’n – dink. Die bakvorm self laat ’n mens weer ’n bietjie aan Bentley dink. Waar is die Jag daarin?

A-ha. Kyk mooi, seg Callum. Vanuit ’n relatief breë basis loop die lank uitgestrekte ligte met ’n punt na bo. Dit alles saam vorm ’n driehoek. En hy is reg; dit ís so.

Die ligte se vertikale LED-strepe lyk boonop soos die krapmerke van ’n kat se kloue as die XJ rem. En dis nogal slim.

Jaguar staan nie verniet as die Groot Kat bekend nie. Dit was juis toentertyd – 75 jaar gelede – William Lyons se idee om vinnige, ratse weeldemotors te bou. “Grace, pace and space” was die eertydse leuse.

Dinamies staan die XJ ewe min vir enige van hulle terug. Die lae­spoed-rit is dalk effe ferm, en om die rante ligweg ongesofistikeerd, in vergelyking met dié van die S-klas. Maar die hoëspoed-rit is puik. Die XJ span die modernste weergawe van Jaguar se CATS-vering in, wat demping tot 500 keer per sekonde aanpas. Dit klink onwerklik, maar met hoë snelhede kan ’n mens dit begin glo as jy voel hoe glad die nuweling oor padhobbels vlieg.

Die soepele manier waarop skokke geabsorbeer word, help ook om die XJ vasvoetig te hou. Daarby is die balans en greep prima, terwyl die stuur met ’n ligte, maklike en uiters vloeiende aksie beïndruk. Dit nou op die standaardmotor met sy 5.0  liter-V8, waar die opbou van stuurgewig en -weerstand baie liniêr en daarom baie voorspelbaar is – iets wat groot vertroue agter die stuur skep.

Op die sterker drukaangejaagde weergawe van dieselfde enjin het die stuur bo 160  km/h egter ’n bie­tjie lig begin voel.

Die drie beskikbare enjins – al drie verteenwoordig nuwe tegnologie – is die biturbo-3.0  liter-V6-diesel (202  kW, 600  Nm), die 5.0  liter-V8 met direkte petrolinspuiting (283  kW, 515  Nm) en die drukaangejaagde 5.0  liter-V8 (wat in twee kragweergawes beskikbaar is, een met pieke van 346  kW en 575  Nm, die ander met 375  kW en 625  Nm).

Dis krag dié wat haastige 0-100  km/h-versneltye lewer: 6.4  sek. vir die diesel, 5.7  sek. vir die onaangejaagde V8, en 5.2 en 4.9 sek. vir die twee drukaangejaagde weergawes.

- Die Burger
 

Lees meer oor: motors
VOLGENDE OP NUUS24X

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.