Wes-Kaap wil nie stelsel vir boetes hê

2011-09-14 07:03
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Wes-Kaap gaan die omstrede nuwe Aarto-stelsel vir verkeersboetes met hand en tand beveg.

As dit egter van die nasionale departement van vervoer afhang, sal die stelsel binne enkele maande in die Wes-Kaap toegepas word.

Beamptes van die Kaapse stadsraad is reeds opgelei en selfs die boeteboekies vir die stelsel van die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Verkeersmisdrywe (Aarto) is reeds afgelewer.

Die konsepregulasies van die nuwe wet behoort teen einde September gefinaliseer te wees, waarna mnr. S’bu Ndebele, minister van vervoer, dit moet onderteken en in die Staatskoerant moet publiseer.

Die stadsraad en die provinsiale regering sál egter Aarto in die hof beveg indien daar nie waarborge is dat dit behoorlik werk nie.

Wat beteken Aarto vir Kapenaars?

Groter boetes;

Hoër munisipale belastings omdat munisipaliteite nie meer die inkomste van verkeersboetes kry nie, maar steeds dienste op paaie moet lewer; en

’n Strafpuntstelsel wat bestuurders hul rybewyse kan kos.

Daar is egter nog nie ’n enkele strafpunt teen enige bestuurder in die jare lange proeflopies in Johannesburg en Tshwane toegeken nie omdat die stelsel nie tegnies gereed is hiervoor nie, aldus J.P. Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit.

“Om Aarto in te stel sonder die strafpuntstelsel maak geen sin nie.” het Robin Carlisle, Wes-Kaapse minister van vervoer, gesê.

Smith het gesê baie van die basiese dele van die wetgewing is swak deurdink en onprakties. “Dit is teen die Grondwet, want dit ondermyn die mandaat van plaaslike regering om padveiligheid te bestuur,”

Die stadsraad is bereid om ’n interregeringsdispuut te verklaar teen die nasionale departement van vervoer en daarna hof toe te gaan. “Ons het reeds die papierspoor vir ons saak en prokureurs is ook al aangestel,” het Smith gesê.

Munisipaliteite sal dit nie kan bekostig om hul verkeersdepartemente aan die gang te hou en die paaie veilig te probeer hou nie. Die inkomste uit verkeersboetes gaan na die nuwe semi-staatsinstelling wat Aarto bestuur, het Smith gesê.

“Oorbodige nasionale entiteite, soos die Padverkeerbestuurskorporasie, word geskep om die geld te onderskep wat munisipaliteite toekom.”

Smith het gewaarsku mettertyd gaan daar al hoe minder wetstoepassing wees en meer padsterftes. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 4.4i 4x4 AT
2008
R 595,995.00

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.