Wes-Kaap het meer dronkbestuurders, hoor hof

2011-05-27 07:12
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Dronkbestuur kom meer in die Wes-Kaap voor as in enige ander deel van die land.

Só het ’n adjunkdirekteur van die Wes-Kaapse departement van vervoer Donderdag in die hooggeregshof getuig in die toetssaak oor die betroubaarheid van die Dräger-asemtoetser.

David Frost het getuig motorongelukke het die provinsie die afgelope tien jaar meer as R12 miljard gekos.

Drank en dronkbestuurders was in meer as 60% van dié ongelukke betrokke. Die nasionale syfer is 50%.

Frost het verwys na die toetse wat in dronkbestuursake gedoen word en gesê die uitslag van ’n asemtoets van die Dräger-toestel is onmiddellik beskikbaar.

Die uitslag van ’n bloedalkoholtoets kan weens die agterstand by die forensiese chemiese laboratorium in Kaapstad enigiets van 6 tot 18 maande neem voordat dit bekend is.

Frost het gesê dit maak daarom sin dat alle beskikbare tegnologie ingespan word om dronkbestuurders doeltreffend te vervolg.

Die gebruik van die asem-alkoholtoets kan help dat die verhore van dronkbestuurders nie vertraag en later laat vaar word nie.

“Dit hou nie net ’n gevaar in vir die bestuurders wat drink en bestuur nie, maar ook vir hul gesinne en ander onskuldige padgebruikers en húl gesinne,” het hy gesê.

Suid-Afrika se eerste toetssaak om die betroubaarheid van die Dräger-asemtoetser te bepaal het Maandag voor regter Nathan Erasmus begin.

Erasmus moet in dié hofsaak bepaal of alkoholvlakke wat deur die Drägertoestel gemeet is as akkuraat beskou kan word. Sy uitspraak oor die toestel se betroubaarheid sal bindend wees in laer howe.

Die beskuldigde in die saak is Clifford Hendricks (27).

Hy het skuld ontken op ’n aanklag van bestuur onder die invloed van sterk drank nadat hy verlede jaar in hegtenis geneem is.

Die saak gaan Maandag voort.

- Die Burger

Lees meer oor: hof  |  dronkbestuur

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 4.4i 4x4 AT
2008
R 595,995.00

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.