Waak teen ongeduld en spoed as jy bestuur

2011-12-30 09:03
Tweets Share Share line Print

Sedert die begin van Desember het gemiddeld drie mense per dag op Vrystaatse paaie alleen omgekom.

Volgens Lehana Leeto, direkteur van die Vrystaatse verkeersdepartement, het meer as 100 mense sedert 1 Desember tot eergisteraand op die provinsie se paaie gesterf.

Dit is gemiddeld sowat 3,4 sterftes per dag.

Vrese bestaan dat die sterftesyfer kan styg met talle mense wat nog van vakansie af moet terugkeer.

Leeto het gister op die toneel van ’n botsing tussen ’n motor van Gauteng en ’n bakkie gesê spoed en bestuurders se ongeduldigheid is van die hoofoorsake van ongelukke.

Thando Konzani (13) is op slag dood toe die motor waarin hy en sy pa, Lindela (44), gery het reg van voor teen ’n aankomende bakkie gebots het.

Konzani is ernstig beseer in die ongeluk waarin sy motor meters ver van die pad geslinger is. Die bestuurder van die bakkie, Dumisani Lelatoli (44), is lig beseer.

Die ongeluk het omstreeks 13:30 op die N6 sowat 20 km buite Bloemfontein gebeur

Volgens Leeto moet mense besef dat voertuie gevaarlik kan wees. “Ons doen alles in ons vermoë om die paaie veilig te hou, maar dit is mense se houdings wat moet verander. Elke mens moet sy eie houding verander. Ons kan dit nie doen.”

“Ons gaan streng teen oortreders optree.”

* Twee mans is dood en ’n vrou ernstig beseer toe ’n bakkie en motor omstreeks 16:00 sowat 20 km buite Petrusburg op die pad na Kimberley reg van voor teen mekaar gebots het, berig Jana van der Merwe.

’n Man in die bakkie is op die ongelukstoneel dood.

Die bestuurder (28) van die motor, met ’n Gautengse registrasienommer, is op slag dood. Die oorledenes se name is nog nie bekend gemaak nie.

Die ander insittende van die bakkie, me. Nomazulu Ndlovu (28), ’n polisiebeampte van Kemptonpark, is in ’n kritieke toestand met ’n Rooi Kruis-helikopter na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein gebring.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: vrystaat  |  padveiligheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 4.4i 4x4 AT
2008
R 595,995.00

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.