Vulstasies in Gauteng besig om leeg te loop
2011-07-13 16:00
Kaapstad – Engen sê sy vulstasies in Gauteng is besig om leeg te loop, omdat die bestuurders van petroltenkwaens by sommige depots staak of geïntimideer word.
Volgens Tania Landsberg, 'n woordvoerder, is die belangrikste egter om die veiligheid van werkers te verseker.
Die petroldepots wat geraak word is, Langlaagte, Alrode en Waltloo.
Sasol het vroeër gesê hy het gebeurlikheidsplanne gereed.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.