Vrou 'steel' haar eie motor

2011-12-06 08:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – 'n Vrou van Pretoria is in hegtenis geneem en vir meer as 24 uur aangehou nadat sy die polisie gevra het om vas te stel of die motor wat sy gekoop het 'n gesteelde voertuig is. 

Jacoline Lipharama wou seker maak die tweedehandse Toyota Conquest waarvoor sy R33 000 betaal het, was nie 'n gesteelde voertuig nie.

"Ek het die polisie van al die besonderhede van die persoon wat die motor aan my verkoop het voorsien, insluitend afskrifte van sy identiteitsdokument en bankstate.

"Hy is die een wat veronderstel was om gearresteer te word," het Lipharama Vrydag aan die Pretoria News gesê.

Lipharama is Dinsdag aangehou en Woensdagaand vrygelaat nadat die aanklagte van die besit van 'n gesteelde voertuig in die Mamelodi-landdroshof teen haar laat vaar is.

Sy sê sy is ses uur nadat die aanklagte in die hof teruggetrek is, vrygelaat.

Die polisie het glo geweier om haar vroeër vry te laat nadat hulle haar daarvan verdink het dat sy hofbeamptes wou omkoop om die aanklagte teen haar te laat vaar.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lees meer oor: kan jy glo?  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 4.4i 4x4 AT
2008
R 595,995.00

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.