Vrou met GPS ry by moeras in
2010-10-07 23:49
Kaapstad – ‘n Kanadese vrou moes van haar motor se dak gered word nadat sy in ‘n geïsoleerde moeras gery het toe sy op GPS-navigasie staatgemaak het, het die polisie Woensdag gesê.
Volgens die polisie in Ontario het die vrou die nooddienste vir hulp geskakel nadat sy verlore geraak het toe sy laat Dinsdag op pad werk toe is.
“Sy het gesê dat sy op die dak van haar motor staan aangesien dit onder water in ‘n moeras was,” het die polisie in ‘n verklaring gesê.
“Sy het haar GPS-aanwysings gevolg en verlore geraak.”
Die voertuig het in die modder vasgesit en vinnig met water opgevul.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP