Volvo veilig vir voetgangers

2009-11-11 08:47
Tweets Share Share line Print

Niemand skat Volvo gering as dit by padveiligheid kom nie.

Wanneer dié vervaardiger boonop sê dat niemand teen 2020 in ’n Volvo sal sterf of ernstig beseer word nie, spits gerus die ore.

Volvo het pas nog ’n stap nader aan dié doelwit gegee. Die vervaardiger sê hy beskik nou oor tegnologie wat kan help om ongelukke met voetgangers te vermy of die impak daarvan skerp te verminder.

Volvo se XC60 is die eerste voertuig wat met die City Safety-tegnologie toegerus is.

Laser-tegnologie monitor die voertuig se spoed en die afstand na die motor voor jou en indien dit reken ’n ongeluk is onafwendbaar, sal dit die voertuig tot stilstand bring. Die stelsel is ontwerp vir stedelike omstandighede met snelhede van so 30 km/h.

Dan is daar ook die aktiewe volgafstandbeheer wat in Volvo’s (en ander fabrikate) beskikbaar is. Daarin word die afstand tussen die voertuie met behulp van radar gereguleer en die gekose gaping tussen die twee voertuie word gehandhaaf.

Dié stelsel is aangepas sodat dit self 100% sal rem indien dit reken ’n ongeluk moet vermy word.

Nou het Volvo nog ’n tree gegee deur tegnologie te ontwikkel wat voetgangers ook herken.

Dit is dus nie meer net die ontwerp van die voertuig se voorkant wat ’n sagter impak op ’n voetganger moet hê nie, maar ’n ongeluk kan nou heeltemal vermy word.

Volvo werk al tien jaar aan dié stelsel en dit wil voorkom of die tegnologie volgende jaar in die nuwe S60 sy debuut sal maak.

Dit bestaan uit ’n nuwe radarstelsel en ’n kamera wat sentraal in die voertuig beheer word. Die radar spoor die voorwerpe op en die kamera identifiseer dit as voetgangers.

Indien die stelsel reken ’n ongeluk kan tussen die Volvo en die voetganger(s) plaasvind, sal dit ’n klank-en-ligwaarskuwing aan die bestuurder gee. Indien die bestuurder nie dadelik optree nie, sal die voertuig self 100% rem om die ongeluk te vermy of die impak daarvan te verminder.

Ongelukke teen snelhede van minder as 25 km/h kan vermy word en teen hoër snelhede kan die impak met tot 75% verminder word, beweer Volvo.

Die radarstelsel sal ook in die sierrooster gemonteer wees met die kamera wat op die truspieël geplaas word.

’n Sentrale rekenaareenheid in die voertuig sal die radarstelsel en kamera se waarnemings voortdurend ontleed en besluit op optrede indien nodig. Dit gebeur alles in breukdele van ’n sekonde.

En as jy dink voetgangers maak nie ’n groot deel van ongelukke uit waarby voertuie betrokke is nie, dink weer. In Europa, soos in Suid-Afrika, maak voetgangersterftes soms tot byna die helfte van alle noodlottige ongelukke, veral in groot stede, uit.

Dit is om dié rede dat die botsinstelling EuroNCAP voertuie se impak op voetgangers in ’n botsing beoordeel.

- Beeld

 

Lees meer oor: motors  |  volvo

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 4.4i 4x4 AT
2008
R 595,995.00

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.