Volvo herroep 13 motors
2011-03-29 11:57
Kaapstad – Dit is heel moontlik een van die eienaardigste herroepings in die motorbedryf met net 13 motors betrokke.
Dít kom nadat Volvo 13 motors, waarvan sewe in Amerika, vier in Kanada en twee in Puerto Rico herroep het weens ‘n kraak wat dit moontlik aan die passasierskant se enjinkompartement mag hê.
Die motors het glo die kraak tydens produksie opgedoen.
Volgens Volvo gaan motorhandelaars die gedeelte van die enjin ondersoek, en indien die kraak gevind word sal die motor eenvoudig vervang word.
- Vir meer inligting besoek iol.
- Volg Nuus24 op Twitter.