Volkswagen Kewer vier 60ste verjaarsdag
2011-08-31 15:30
Kaapstad – Die Volkswagen Kewer vier sy 60ste verjaarsdag nadat die eerste Kewer op 31 Augustus in Uitenage, Suid-Afrika vervaardig is, het Sarie op hul webwerf berig.
Hier is 'n paar interessante feite oor dié motor.
Vanaf 1951 tot 1979 is 290 000 Volkswagens in Suid-Afrika vervaardig.
Vir 11 van dié 28 jaar was die Volkswagen die topverkoper op die plaaslike motormark.
Die VWSA-groep het sowat 2.8 miljoen Volkswagen motors in Suid-Afrika vervaardig oor die jare.
Die Volkswagen-groep vervaardig 600 motors per dag in Suid-Afrika, waaronder die Vivo- en die Polo-modelle die gewildste is.
– Volg Nuus24 op Twitter.